settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor geweld?

Antwoord


Geweld word gedefinieer as “physical force exerted for the purpose of violating, damaging or abusing,” en ongelukkig is geweld deel van die alledaagse lewe. Dit is in ons films en op televisie en ons lewe in ‘n wêreld waar mag dikwels deur geweld gevestig word. Maar vir ons as Christene, is die manier van optree in die wêreld deur die waarheid van die Woord getroef. So, wat sê die Bybel in verband met geweld?

Eerstens van alles, is geweld in gedagte, netso kwetsend soos geweld wat fisies gepleeg word. Lev 19:17 sê, “Jy mag nie haatdraend wees wees teenoor jou volksgenoot nie. Maak die geskil openlik met hom uit, moenie wat hy verkeerd gedoen, teen hom bly hou nie.” As ons weet dat iemand in sonde leef, is dit meer liefdevol om dit stil te hou en haat en verwerping teenoor hom op te bou? God sê dat ons reguit moet praat en Jesus vertel in Matt 5:21-22 dat moorddadige woede die mens wat kwaad is, kan lei tot straf vanaf God. Die geweld wat hy teenoor iemand anders pleeg, kan na homself terug gebring word deur God.

Wat van geweld gedurende oorlog? Eks 20:13 is verkeerdelik vertaal as “do not kill,” maar letterlik beteken dit “do not murder.” God het vir regverdigheid oorloë toegelaat regdeur die geskiedenis van Sy volk. Vanaf Abraham tot Debora tot Dawid, het God se volk geveg as instrumente van straf vir ‘n regverdige en heilige God. Romeine 13:1-4 vertel ons om onsself aan die regering en owerhede te onderwerp en dat volke die reg het om die swaard teenoor booswigte te lig, beide vreemdelinge en binnelanders.

Geweld gebeur, maar ons moet die verskil tussen heilige straf teenoor sonde en ons eie persoonlike vetes teenoor hulle wat ons nie van hou nie, erken, wat die onvermydelike uitkoms van trots is (Ps 73:6). Terwyl mans meer geneig is om geweld te aanvaar (veral as gevolg van kulture wat voel dat “ware” manne nooit huil nie, altyd ‘n plan het en ‘n geweer dra), het die man met die meeste wysheid van alle tye geskryf in Spreuke 3:31,”Moenie ‘n man wat sy mag misbruik, beny nie en moenie self soos hy maak nie.”Gebed en geduld oorwin geweld en woede.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor geweld?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries