settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor geloof?

Antwoord


Hebr 11:1 leer ons wat geloof is, “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” Geen ander komponent van die Christelike lewe is seker meer belangrik as geloof nie. Ons kan dit nie koop nie, verkoop nie of dit aan ons vriende gee nie. Dus, wat is geloof en watter rol speel dit in die Christen se lewe? Die woordeboek definieer geloof as “glo in, toegewy wees aan of vertroue in iemand of iets, veral sonder logiese bewyse.” Dit noem ook dat geloof is, “glo in en wees toegewy aan God.” Die Bybel het baie meer te sê oor geloof en hoe belangrik dit is. Dit is só belangrik dat sonder geloof ons geen plek by God het nie en is dit onmoontlik om Sy wil te doen (Hebr 11:6). Geloof is om te glo in die Een, ware God sonder om Hom te sien.

Waar kom geloof vandaan? Geloof is nie iets wat ons uit ons eie te voorskyn roep nie, ook nie iets waarmee ons gebore is nie, geloof is ook nie die resultaat van ywerige studie of navolging van die spirituele nie. Ef 2:8-9 maak dit duidelik dat geloof ‘n gawe van God is, nie omdat ons dit verdien nie, daarvoor gewerk het of waardig is om dit te besit nie. Dit is nie van onsself nie; dit kom vanaf God. Dit is nie deur ons krag of vrye wil verkry nie. Dit is eenvoudig aan ons gegee deur God, saam met Sy genade en barmhartigheid, volgens Sy heilige plan en doel en as gevolg daarvan, kry Hy al die eer.

Waarom geloof hê? God het ‘n manier om te onderskei tussen hulle wat aan Hom behoort en hulle wat nie en dit word geloof genoem. Baie eenvoudig, ons het geloof nodig om God se wil te doen. God sê vir ons dat dit Hom verheug dat ons in Hom glo, alhoewel ons Hom nie kan sien nie. ‘n Sleutelgedeelte van Hebr 11:6 sê “dat Hy dié wat Hom soek, beloon.”Hiermee sê dit nie dat ons geloof in God het om iets van Hom te kry nie. Tog hou God daarvan om hulle wat gehoorsaam en getrou is, te seën. Ons sien ‘n volmaakte voorbeeld hiervan in Luk 7:50. Jesus gesels met ‘n sondares en Hy gee aan ons so ‘n kykie van waarom ons geloof ons beloon. “Jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.” Die vrou het in Jesus Christus geglo deur geloof en Hy het haar daarvoor vergoed. Uiteindelik is dit geloof wat ons behoue hou tot die einde, deurdat ons weet, deur geloof, dat ons in die hemel saam met God vir ewig sal wees. “Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap” (1 Pet 1:8-9).

Voorbeelde van geloof. Hebr 11 staan bekend as die “geloofshoofstuk”, omdat daarin groot dade van geloof beskryf word. Deur geloof het Abel ‘n aangename offer aan die Here gebring (v. 4); deur geloof het Noag die ark gebou in ‘n tyd toe reën skaars was (v. 7); deur geloof het Abraham sy huis verlaat en God gehoorsaam en gegaan na ‘n plek om gewilliglik sy eie seun te offer (verse 8-10, 17); deur geloof het Moses die volk Israel uit Egipte gelei (verse 23-29); deur geloof het Ragab die verkenners van Israel ontvang en so haar eie lewe gered (v. 31). Nog baie meer geloofshelde word genoem wat deur geloof koninkryke verower het, regsprake uitgeoefen het en gebaat het by wat belowe was; wat die bekke van leeus gesluit het, die brandende vlamme geblus het en aan die swaard ontkom het; wie se swakheid in sterkte omskep is; en wie oorwinnaars in die geveg was en vreemde leërmagte verpletter het (verse 33-34). Dit is duidelik dat die bestaan van geloof deur aksie gedemonstreer word.

Geloof is die hoeksteen van die Christendom. Sonder om geloof en vertroue in God uit te leef, het ons geen plek by Hom nie. Ons glo in God se bestaan deur geloof. Die meeste mense het ‘n vae, afgebroke gedagte van wie God is, aangesien daar ‘n tekort is aan die verering wat nodig is vir Sy verhoogde posisie in hul lewens. Hierdie mense skiet tekort aan die opregte geloof wat nodig is vir ‘n ewige verhouding met die God wat hulle liefhet. Geloof kan ons soms faal, maar omdat dit ‘n gawe van God is, geskenk aan Sy kinders, voorsien Hy tye van beproewing en toetsing om sodoende ons geloof te toets vir opregtheid en dit te verskerp en te versterk. Dit is waarom Jakobus ons maan om dit as “pure joy” te beskou, want die toetsing van ons geloof stel ons in staat om te volhard en tot geestelike rypheid te kom, en so getuig ons dat ons geloof eg is (Jak 1:2-4).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor geloof?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries