settings icon
share icon
Vraag

Is die Bybel ‘n feëverhaal?

Antwoord


Die aanklag dat die Bybel niks meer is as ‘n feëverhaal of ‘n boek met mooi stories nie, is niks nuuts nie. Die Bybel is sonder twyfel die boek met die meeste trefkrag, wat die wêreld ooit geken het, waardeur ontelbare lewens getransformeer is. Waarom dan is die vraag of die Bybel ‘n feëverhaal is of nie, ‘n geoorloofde een in die harte van baie oor die wêreld heen?

Vanaf die boek Genesis tot Openbaring, lees ons van God se ewigheidsplan om die gevalle wêreld te red. Met God as die Outeur, is die Bybel die wêreld se grootste literatuurwerk en regdeur die eeue het menigtes hul lewens gewaag om die waarheid daarvan te verkondig. Baie egter het die hoogste offer gebring, sodat ander eenvoudig ‘n kopie van die bladsye kon vashou in hul hande. Nietemin, was daar nooit ‘n boek wat so wreed aangeval is, as die Bybel nie. Die Bybel is verban, verbrand, bespot, daarmee gespot en uitgelag en belaster. Baie is doodgemaak deur eenvoudig die Bybel te besit, maar steeds bly die idee voortbestaan dat die Bybel ‘n feëverhaal is.

Die “prins van hierdie wêreld” het mense verblind vir die waarheid vanaf die begin van die wêreld af. Hy het sy “werk” begin op aarde deur God se woorde in twyfel te trek (Gen 3:1-5) en hy doen dit nog steeds. Oral waar ons kyk, is valse lering buitensporig – op televisie en radio, in boeke en tydskrifte, in skole en universiteite en wat hartseer is, maar waar, selfs in sommige kerke en christelike kolleges, daar waar die waarheid van God se Woord die kragtigste verdedig moet word. Toe ons kinders geleer is dat ons voorvaders uit die oseaan gekruip het eeue terug, het ons nie die skepping en Adam en Eva afgewater na feëverhaalstatus toe nie? Dis dieselfde ding as wetenskaplikes en akademici vir ons vertel, dat ons tyd mors deur te soek na die “mitologiese” Noag se ark.

Baie in die kerk , om die akademiese wêreld te paai, laat toe dat ‘n reïnterpretasie van die boek Genesis gedoen word, om die moderne evolusionêre idee te akkommodeer, dat die boodskap wat na die wêreld gestuur word, is dat die Bybel klaarblyklik iets anders beteken as wat die eenvoudige ordinêre woorde beteken. Wanneer die bonatuurlike gebeure in die Bybel as allegorie oorgeklank word deur naturaliste, is dit verstaanbaar dat hulle wat nooit die Bybel bestudeer het, verwar kan word met die waarheid daarvan nie. Vir hulle wat hulself nooit beskikbaar gestel het vir die waarheid van God se Woord nie, hoe maklik kan hulle nie glo in ‘n pratende donkie of ‘n vis wat ‘n mens insluk en weer uitspoeg op die strand of ‘n vrou wat in ‘n soutpilaar verander nie?

Tog is die Bybel met alle sekerheid nie ‘n feëverhaal nie. Sonder twyfel was die Bybel “geïnspireer” deur God (2 Tim 3:16) en dit beteken dat God dit geskryf het. Dit is hoekom hierdie goddelike saamgevoegde teks van byna driekwart miljoen woorde in volmaakte harmonie is van begin tot einde en geen weersprekinge bevat nie, selfs al het die 66 boeke 40 verskillende skrywers vanuit verskillende lewensvelde, geskrywe in drie verskillende tale en byna 16 eeue geneem om te voltooi. Hoe sou dit vir ons moontlik wees om hierdie ongelooflike kongruensie saam te stel, as dit nie vir God was wat die outeurs se hande gelei het nie? ‘n Regverdige God sou nooit ‘n fout toelaat nie. ‘n Regverdige God sou nooit ‘n foutgevulde Skrif “heilig en waar” genoem het nie. ‘n Genadige God sou nooit sê dat Sy Woord volmaak is, as dit nie was nie en ‘n alwetende God kon dit skrywe, sodat dit nog vandag net so relevant is as 1 000 jaar gelede.

Weer en weer is die geskiedkundigheid van die Bybel deur biologie, geologie en astromomie bevestig. En, alhoewel die Bybel nie altyd saamstem met naturalistiese hipoteses nie, is dit nie in konflik met enige ware, bestaande wetenskaplike feite nie. In argeologie is daar die laaste 100 jaar lig gewerp op ‘n skat van bybelse waarhede wat geleerdes bevraagteken het of betwyfel het vir eeuelank, soos die Dooie See Perkamentrolle, die basaltklip waarop die “Huis van Dawid” (Tempel) ingegraveer is, ‘n 7de eeuse v C geluksteentjie (amulet) met God se Naam daarop en ‘n klip wat die naam en titel van Pontius Pilatus dra, die Judese goewerneur wat die teregstelling van Jesus Christus bekragtig het. Die Bybel is sonder twyfel die bes-gedokumenteerde boek van die antieke wêreld, met meer as 24 000 volledige of gedeeltelike bybelse manuskripte wat bestaan. Geen ander dokument of oudheid het naastenby so baie bewyse om die betroubaarheid daarvan te bevestig nie.

‘n Ander attestaat ten opsigte van die Bybel se goddelike outeurskap, is die uitgebreide getal van gedetaileerde bybelse profesieë wat waar geword het, presies soos dit voorspel het. Ons sien die Psalmis, byvoorbeeld, wat die kruisiging van Jesus Christus byna ‘n duisend jaar voordat dit plaasgevind het, geskryf het (Ps 22) en honderde jare voor die metode van kruisiging uitgevind was! Eenvoudig gestel, dit sou onmoontlik wees vir menslike wesens om so ver in die toekoms met soveel akkuraatheid te kon sien, honderde kere. Dit sou inderdaad heeltemal onlogies wees om te glo dat hierdie bewese profesieë enigiets anders as die werk van God kon wees. Toevallig en verbasend is dit dat moontlikheids-deskundiges vir ons die wiskundige kanse gee van slegs 48 profesieë, ten opsigte van een persoon (nl. Christus) wat waar word soos voorspel was, een op tien tot die mag 157!

Maar die grootste bewys dat die Bybel nie ‘n feëverhaal is nie, is die tallose getal lewens wat deur hierdie bybelse bladsye getransformeer is. Gebruik deur die Gees van God, het die heilige waarhede van die Bybel miljoene sondaars omgekeer in heiliges. Dwelmslawe is daardeur genees, homoseksueles is vrygemaak, verlatenes en boemelaars hierdeur verander, geharde kriminele nuutgemaak, sondaars tereggewys en haat verander in liefde deur hierdie waarhede. Geen hoeveelheid kere se lees van “Cinderella” of “Sneeuwitjie en die sewe Dwergies” kan enigsins enige transformerende effek toon op die menslike siel nie. Die Bybel besit ‘n dinamiese en transformerende krag, wat slegs moontlik is as gevolg van die ware Woord van God.

In die lig van die voorafgaande, is die groter vraag nou, hoe kon iemand nie glo in hierdie oortuigende, God-geïnspireerde, foutlose, lewensveranderende waarhede nie? Gelukkig is die antwoord eintlik ‘n maklike een. God het gesê dat indien ons nie ons harte vir Hom oopmaak nie, Hy nie ons oë vir die waarheid sal open nie. Jesus het belowe dat die Heilige Gees ons sal leer (Joh 14:26) en ons sal lei in die waarheid (Joh 16:13). En die waarheid van God word in die Woord van God gevind (Joh 17:17). Dus, vir hulle wat glo, is hierdie heilige woorde die lewe self, maar vir diegene sonder die Gees, is die Bybel niks anders as dwaasheid nie (1 Kor 2:14).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is die Bybel ‘n feëverhaal?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries