settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor die dood?

Antwoord


Die Bybel praat oor die dood as skeiding: fisiese dood is die skeiding van die siel van die liggaam en geestelike dood is die skeiding van die siel van God af.

Dood is die gevolg van sonde. “Die loon wat die sonde gee, is die dood,” Rom 6:23a. Die hele wêreld is aan die dood ondergeskik, omdat almal gesondig het. “Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het” (Rom 5:12). In Gen 2:17 het die Here vir Adam gewaarsku dat die straf vir ongehoorsaamheid die dood sou wees – “Die dag as jy daarvan eet, sterf jy.” Toe Adam ongehoorsaam was, het hy onmiddellik geestelik gesterf en dit het hom genoodsaak om weg te kruip” vir die Here God tussen die bome van die tuin” (Gen 3:8). Later het Adam fisies gesterf in Gen 5:5.

Aan die kruis het Jesus ook fisiese dood beleef (Matt 27:50). Die verskil is dat Adam gesterf het, omdat hy ‘n sondaar was en Jesus, wat nooit gesondig het nie, het gekies om te sterf as ‘n plaasvervanger vir somdaars (Heb 2:9). Jesus het toe Sy almag oor die sonde en die dood getoon deur op die derde dag uit die dood op te staan (Matt 28; Openbaring 1:18). Te danke aan Christus, is die dood ‘n verslane vyand. “Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?” (1 Kor 15:55; Hosea 13:14).

Vir die ongereddes, bring die dood ‘n einde aan die kans om God se genadeoffer van verlossing te aanvaar. “’n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel” (Heb 9:27). Vir die gereddes, lei die dood ons in Christus se teenwoordigheid in: “Ons is vol moed en sou liewer ons verblyf in die liggaam wil verlaat en by die Here gaan woon “ (2 Kor 5:8; Fil 1:23). Die belofte van die gelowige se opstanding is so werklik, dat die fisiese dood van ‘n Christen “slaap” genoem word (1 Kor 15:51; 1 Tess 5:10). Ons sien uit na daardie tyd wanneer daar nie meer dood sal wees nie (Openbaring 21:4).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor die dood?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries