Vraag
Is die Bybel betroubaar?
Antwoord
Deur gebruik te maak van dieselfde kriteria waarmee ons ander historiese werke toets, is die Bybel nie slegs betroubaar nie, dit is meer betroubaar as enige ander vergelykbare geskrifte. Betroubaarheid is ‘n vraag van waarheidsgetrou en akkurate kopieerwerk. Geskrifte wat histories en feitelik korrek is en wat geloofwaardig behoue gebly het, sou as betroubaar beskou kan word. Hoër vlakke van historiese verifikasie en beter vertroue in oorerwing, maak dit makliker om te bepaal of ‘n antieke werk werd is om vertrou te kan word. Gemeet hieraan , kan ons die Bybel as betroubaar sien.
Soos met enige historiese werk, kan nie elke enkele besonderheid in die Bybel direk bevestig word nie. Die Bybel kan nie as onbetroubaar beskou word, eenvoudig omdat dit dele bevat wat nie bevestig kan word of tans nog nie bevestig is nie. Wat as redelik beskou kan word, is om akkuraatheid te verwag, waar dit gekontroleer kan word. Dit is die primêre toets vir betroubaarheid en hier het die Bybel ‘n ster-naspeurrekord. Baie van die historiese inligting is reeds bevestig, en sekere dele wat voorheen in twyfel getrek was, is deur latere argeologie geverifieer.
Byvoorbeeld, argeologiese bevindinge in die 1920’s het die teenwoordigheid van stede bevestig, baie soos Ur, wat in Gen 11 beskryf is, wat sommige skeptici in twyfel getrek het, dat dit so vroeg bestaan het. Opgrawings in ‘n Egiptiese graf beeld die inhuldiging uit van ‘n onderkoning (viceroy) op ‘n wyse wat presies ooreenstem met die bybelse beskrywing van die seremonie waarby Josef betrokke was (Gen 39). Kleitablette gedateer 2300 v C is in Sirië gevind wat sterk steun bied aan Ou Testamentiese stories, woordeskat en geografie. Skeptici het die bestaan van die Hetiete in twyfel getrek (Gen 15:20; 23:10; 49:29), totdat ‘n Hetitiese stad, kompleet met dokumente in Turkye gevind was. Daar is dosyne ander Ou Testamentiese feite wat gesteun word deur argeologiese ontdekkings.
Nog belangriker, geen feite wat in die Ou of Nuwe Testamente teenwoordig is, is as vals beskou nie. Hierdie historiese betoubaarheid is uiters belangrik ten opsigte van ons vertoue in ander stellings wat in die Skrif gemaak is.
Selfs die “wonderbaarlike” gebeurtenisse van Genesis het bewysbare grond wat ons ons hedendaags kan op beroep. Antieke Babiloniese opgawes beskryf ‘n verwarring van taal, in ooreenstemming met die bybelse verhaal van die Toring van Babel (Gen 11:1-9). Hierdie selfde dokumente beskryf ‘n wêreldwye vloed, ‘n gebeurtenis in letterlik honderde vorms in kulture oor die hele wêreld. Die plekke waar Sodom en Gomorra eens was (Gen 19) is gevind, en getuienis is gevind van vuur en gewelddadige verwoesting. Selfs die plae van Egipte en die daaropvolgende Eksodus (Eks 12:40-41) bied argeologiese steun.
Hierdie neiging gaan voort in die Nuwe Testament, waar die name van verskeie stede, politieke amptenare en gebeure herhaaldelik bevestig is deur historici en argeoloë. Lukas, die evangelieskrywer en ook van die boek Handelinge, is beskryf as ‘n eersterangse geskiedkundige vir sy aandag aan besonderhede en akkurate rapportering. In beide die Ou en Nuwe Testamentiese geskrifte, getuig die Bybel van betroubaarheid, waar dit ookal gekontroleer kan word.
Akkurate kopieerwerk is ook ‘n belangrike faktor in die Bybel se betroubaarheid. Nuwe Testamentiese geskrifte was saamgestel binne ‘n paar dekades van die gebeure wat beskryf word, heeltemal te vroeg vir legende of mite om aktuele geskiedenis oor te neem. Die feit is dat die baiese raamwerk van die evangelie gedateer kan word na ‘n formele geloofsbelydenis, net ‘n paar jare na die kruisiging van Jesus, volgens Paulus se beskrywing in 1 Kor 15:3-8. Geskiedkundiges het toegang tot ‘n eindelose klomp manuskripte, wat as bewys dien dat die Nuwe Testament betroubaar was en vinnig gekopieer en versprei is. Dit gee ruim vertroue dat wat ons lees in hierdie bedeling korrek is en die oorspronklike geskrifte verteenwoordig.
Die Ou Testament het ook alle bewyse van betroubaarheid. Toe die “Dead Sea Scrolls” in die 1940’s ontdek is, was hulle 800 jaar ouer as enige ander beskikbare manuskripte. Deur vroeëre en latere manuskripte te vergelyk, het getoon dat daar ‘n oorpresiese benadering was ten opsigte van oordrag, en dit wys weer die betroubaarheid dat ons vandag die oorspronklike tekste kan lees.
Daardie faktore gee al die objektiewe redes om die Bybel as betroubaar te kan lees. Terselfdertyd is dit krities belangrik om daardie selfde faktore in ander tekste te ondersoek, soos ons gewoonlik ons geskiedenisboeke skrywe. Die Bybel het meer empiriese steun, ‘n korter tyd tussen oorspronklike skrywe en oorlewende kopieë en by verre ‘n groter getal van bronne-manuskripte as enige ander antieke werk.
Byvoorbeeld, daar is tien kopieë van die werke van Julius Caesar, die vroegste van 1 000 jaar nadat hy geskryf het, en daar is geen manier om te weet hoe goed daardie kopieë die oorspronklikes verteenwoordig nie. Daar is 8 kopieë van die werke van die historikus Herodotus, die vroegste van 1 400 jaar nadat hy geskryf het. Argeoloë het 643 manuskrip-kopieë gevind van die werke van Homer, en dit laat ons toe tot ‘n 95 % geloofbaarheid in die oorspronklike teks.
Vir die Nuwe Testament is daar huidig meer as 5 000 manuskripte, met die vroegste kopieë enigiets van 200 tot 300 jaar later en sommige minder as 100 jaar later. Dit gee ‘n beter 99% geloofwaardigheid in die inhoud van die oorspronklike teks. Kortliks het ons nie net objektiewe redes om te beweer dat die Bybel betroubaar is nie, maar ons kan nie praat van onbetroubaarheid , sonder om feitlik elke ander ding uit te gooi wat ons weet van antieke geskiedenis nie. As die Skrif nie ‘n toets van betroubaarheid slaag nie, kan geen dokumente van daardie era nie. Die Bybel se betroubaarheid word bewys in beide die historiese akkuraatheid en die akkurate oordrag van inhoud.
English
Is die Bybel betroubaar?