settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor astrologie of die Sterretekens (Zodiac)? Is astrologie iets waarin die Christen moet studeer?

Antwoord


Die Bybel het baie te sê oor die sterre.Die mees basiese wat ons van die sterre verstaan, is dat God hulle geskep het. Hulle beeld Sy mag en majesteit uit. Die hemele is God se “handewerk” (Ps 8:3; 19:1). Hy het elke ster genommer en ‘n naam gegee (Ps 147:4).

Volgens die Bybel het God die sterre gerangskik in herkenbare groepe, wat ons konstellasies noem. Die Bybel noem 3 daarvan: Orion, Beer (Ursa major) en “die seemonster” (heel waarskynlik Draco/draak) in Job 9:9; 26:13; 38:31-32; en Amos 5:8. Dieselfde gedeeltes verwys na die sterregroep Pleiades (die Sewester). God is die Een wat “die bande vasgeknoop” het van hierdie konstellasies; Hy is die Een wat hulle “op hulle tyd laat opkom”. In Job 38:32 wys God na die “Mazzaroth” – gewoonlik vertaal as “konstellasies.” Baie dink dat dit ‘n verwysing is na die 12 sterretekens van die Zodiac.

Die konstellasies is vir duisende jare nagegaan en bestudeer. Die Egiptenare en Grieke het geweet van die Zodiac en het dit gebruik om die begin van lente te meet, eeue voor Christus. Daar is baie geskrywe oor die betekenis van die Zodiac-konstellasies, insluitende teorieë dat hulle ‘n antieke vertoon van God se reddingsplan behels. Byvoorbeeld, die konstellasie, Leo (Leeu), word gesien as ‘n hemelse uitbeelding van die Leeu van die stam van Juda (Openbaring 5:5) en Virgo (Maagd) kan moontlik ‘n herinnering wees aan die maagd wat Christus gedra het. Tog, is daar geen aanduiding van enige “versteekte betekenis” vir hierdie of ander konstellasies nie. Die Bybel sê dat sterre, so ook die son en maan, gegee was as “tekens” en “seisoene” (Gen 1:14); dit is, hulle moet vir ons die tyd aandui. Hulle is ook “tekens” in die sin van seevaartkundige “aanwysings” en dwarsdeur die geskiedenis het mense die sterre gebruik om hul koers te bepaal rondom die aardbol.

God het die sterre gebruik as ‘n illustrasie van Sy belofte om aan Abraham ‘n ontelbare nageslag te gee (Gen 15:5). Dus, elke keer dat hy opgekyk het na die nagtelike hemel, het hy onthou van God se getrouheid en goedheid. Die finale oordeel op die aarde sal saamgaan met astrologiese gebeure wat met die sterre verband hou (Jes 13:9-10; Joël 3:15; Matt 26:29).

Astrologie is die “interpretasie” van ‘n veronderstelde invloed wat die sterre en planete op die menslike bestemming uitoefen. Dit is ‘n valse oortuiging. Die koninklike astroloë van die Babiloniese hof was deur God se profeet Daniël in skaamte gehul (Dan 1:20) en was magteloos om die koning se droom te interpreteer (Dan 2:27). God spesifiseer astroloë onder diegene wat soos stoppels in God se oordeel gaan verbrand (Jes 47:13-14). Astrologie is ‘n vorm van waarsêery en word uitdruklik in die Skrif verbied (Deut 18:10-14). God het die kinders van Israel verbied om die “hemelruim” te aanbid of te dien (Deut 4:19). Verskeie kere in hul geskiedenis egter het Israel in daardie spesifieke sonde verval (2 Kon 17:16 is slegs een voorbeeld). Hul aanbidding van die sterre het God se straf elke keer laat opvlam.

Die sterre moet ons verwondering wakker maak vir God se almag, wysheid en oneindigheid. Ons moet die sterre gebruik om tyd en plek te bepaal en ons te herinner aan God se getrouheid - verbondshoudende natuur. Te alle tye erken ons die Skepper van die hemele. Ons wysheid kom van God af, nie van die sterre nie (Jak 1:5). Die Woord van God, die Bybel, is ons gids deur die lewe (Ps 119:105).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor astrologie of die Sterretekens (Zodiac)? Is astrologie iets waarin die Christen moet studeer?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries