settings icon
share icon
Vraag

Bevat die Bybel allegorieë?

Antwoord


‘n Allegorie is ‘n storie waarin die karakters en/of gebeure simbole is wat ander gebeure, idees of mense verteenwoordig. Allegorie is ‘n algemene literêre uitvindsel regdeur die literêre geskiedenis. Allegorieë is gebruik om onpopulêre of kontroversiële idees indirek uit te druk, om politiek te kritiseer en diegene in gesagsposisies te te bestraf (bv. George Orwell se “Animal Farm” en Jonathan Swift se “Gulliver’s Travels.”) Ander kere word allegorie gebruik om abstrakte idees of geestelike waarhede uit te druk, deur ‘n uitgebreide metafoor en sodoende die waarheid makliker te maak om te begryp (bv. John Bunyan se “Pilgrim’s Progress” en Hannah Hurnard se “Hind’s Feet on High Places.”)

Die Bybel bevat baie gevalle van allegorie wat gebruik word om geestelike waarhede te verduidelik of om latere gebeure vooraf te gaan. Die duidelikste voorbeelde van allegorie in die Skrif is die gelykenisse van Jesus. In hierdie stories verteenwoordig die karakters en gebeure ‘n waarheid i.v.m. die Koninkryk van God of die Christelike lewe. Byvoorbeeld, in die gelykenis van die Saaier in Matt 13:3-9 illustreer die saad en verskillende tipes grond die Woord van God en verskeie antwoorde daarvoor (soos Jesus in verse 18-23 verduidelik).

Die storie van die Verlore Seun maak maak ook gebruik van allegorie. In hierdie storie (Luk 15:11-32), verteenwoordig die oudste seun die gewone mens: sondig en verslaaf aan selfsug. Die welgestelde pa verteenwoordig God en die seun se rowwe lewe van genot en later armoede verteenwoordig die leegheid van die goddelose leefstyl. Toe die seun terugkeer huistoe, in opregte berou, het ons ‘n illustrasie van berou. In die Pa se genade en gewilligheid om sy seun terug te verwelkom, sien ons God se blydskap as ons van sonde wegdraai en Sy vergifnis soek.

In die gelykenisse leer Jesus geestelike, abstrakte konsepte (hoe mense optree teenoor die evangelie, God se genade, ens.) in die vorm van metafore waarmee mense hulself kan verbind. Ons kry ‘n dieper begrip van God se waarhede deur hierdie stories. Ander voorbeelde van bybelse allegorie as literêre vorm, sluit die visioen van die draak en die vrou in Openbaring 12:1-6 in; die storie van die arende en die wynstok in Eseg 17; en baie van die Spreuke, veral daardie wat geskryf is in versinnebeeldige parallelisme . Sommige van die tradisies en seremonies wat deur God in die Bybel ingestel was, kon gesien word as “nie-literêre allegorieë,” omdat hulle geestelike waarhede simboliseer. Die daad van diere-offers, bv., verteenwoordig dat ons sondes die dood verdien en elke plaasvervanger op die altaar prefigureer die uiteindelike offerande van Christus, wat vir Sy mense sou sterf. Die instelling van die huwelik, terwyl dit groot praktiese doelstellings gedien het, is ook ‘n simbool van die verhouding tussen Christus en die Kerk (Ef 5:31-32). Baie van die seremoniële wette van Moses (ten opsigte van klere, kos en skoon en onreine voorwerpe) verteenwoordig geestelike realiteite soos die behoefte vir gelowiges om afsonderlik in gees en optrede te wees as ongelowiges. Alhoewel hierdie voorbeelde nie gesien word as allegories individueel nie (aangesien ‘n allegorie veelvoudige simbole vereis, wat samewerkend is), kan die godsdienstige stelsel van die Ou Testament (en dele van die Nuwe) gesien word as ‘n breë allegorie vir die mens se verhouding met God.

Dis interessant dat belangrike historiese gebeure soms, wat met die eerste oogopslag lyk asof dit geen dieper betekenis het nie, allegories geïnterpreteer word om later ‘n belangrike les te leer. Een geval hiervan is Gal 4, waar Paulus die storie van Abraham, Hagar en Sara interpreteer as ‘n allegorie vir die Ou en Nuwe Testamente. Hy skryf, “Daar staan tog geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een by ‘n slavin en een by ‘n vrygeborene. Sy seun by die slavin is volgens die loop van die natuur verwek en gebore, maar sy seun by die vrygeborene, kragtens ‘n belofte van God. ‘n Mens moet dit figuurlik verstaan. Die twee vroue staan vir twee verbonde. Die een is by Sinaiberg gesluit en bring slawe voort. Dié verbond is Hagar. Hagar staan vir Sinaiberg in Arabië, en dit is ‘n beeld van die huidige Jerusalem, want Jerusalem en sy kinders is slawe. Maar die hemelse Jerusalem is vry en dit is ons moeder” (Gal 4:22-26). Hier neem Paulus werklike historiese mense (Abraham, Hagar en Sara) en gebruik hulle as simbole vir die Wet van Moaes (die Ou Verbond) en die vryheid van Christus (die Nuwe Verbond). Deur Paulus se allegoriese lens sien ons dat ons verhouding met God een van vryheid is (ons is kinders van die goddelike belofte, soos Isak vir Sara was), nie van slawerny nie (ons is nie kinders van die mens se slawerny nie, soos Ismael vir Hagar was nie). Paulus kon deur die inspirasie van die Heilige Gees die simboliese belangrikheid van hierdie historiese gebeurtenis sien en het dit gebruik om ons posisie in Christus te illustreer.

Allegorie is ‘n pragtige artistieke manier om geestelike sake te verduidelik in maklike verstaanbare terme. Deur die bybelse allegorieë, help God ons om moeilike konsepte te verstaan deur ’n konteks waarmee ons ons meer kan vereenselwig. Hy openbaar Homself ook as die Groot Storieverteller, deurdat Hy die geskiedenis as voorafskaduwing gebruik en so Sy plan uitvoer. Ons kan bly wees dat ons ‘n God het wat ons op wyses aanspreek dat ons kan verstaan en wat vir ons simbole en allegorieë gegee het, om ons aan Homself te herinner.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Bevat die Bybel allegorieë?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries