Vraag
Wat beteken dit dat die Bybel God-geïnspireerd is?
Antwoord
In 2 Tim 3:16 sê Paulus, “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek.” Dit is die enigste gebruik in die Bybel van die Griekse woord “theopneustos,” wat beteken: “God-geïnspireerd, geïnspireer deur God, as gevolg van die inspirasie van God,” maar ander skriftuurlike gedeeltes steun die basiese uitgangspunt dat die Skrif deur God geïnspireer is.
Die krag van God se asem in goddelike inspirasie deurdring die Skrif. God het die lewe in Adam ingeblaas (Gen 2:7), en Jesus het op hulle geblaas en gesê, “Ontvang die Heilige Gees!” (Joh 20:22). In 2 Pet 1:21 word vertel dat “geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig.” Hier sien ons dat die waarhede van die Skrif wat beskryf word, kom direk van God af en nie van die wil van die skrywers wat Hy gebruik het om dit neer te skryf nie.
Petrus noteer dat Paulus skryf “met die wysheid wat aan hom gegee is” en ook dat “oningeligte en onstandvastige mense gee daaraan ‘n verkeerde uitleg” (2 Pet 3:15-16). Die Skrif kom vanaf die Heilige Gees, wat dit aan ons gee “nie met geleerde woorde wat die menslike wysheid ons leer nie, maar met woorde wat die Gees ons leer” (1 Kor 2:13). Die gelowiges van Berea het vol vertroue die geïnspireerde Woord van God gebruik om Paulus se betroubaarheid na te gaan: “elke dag die Skrif ondersoek om te sien of dit is soos Paulus sê” (Hand 17:11).
Geloof is sentraal ten opsigte van hoe enigeen die geldigheid of waarde van God se geïnspireerde Woord ontvang. “Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word” (1 Kor 2:14). Die “geestelike mens” is die een wat die gawe van die geloof ontvang het (Ef 2:8-9) vir die verlossing van sy siel. Hebr 11:1 sê, “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” Daar is ‘n regverdigheid in die Skrif geopenbaar deur God, maar ons regverdigheid kom en word behou, alleen deur geloof. “Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe” (Rom 1:17).
Alhoewel 2 Tim 3:16 die enigste plek in die Bybel mag wees, waar die frase “deur God geïnspireer” gebruik word om die Woord van God te beskryf, is die Skrif gevul met soortgelyke bewerings. Hierdie is eintlik God se woorde om ons te herinner dat Sy waarheid en liefde daar gevind kan word om ons te lei in alle aspekte van die lewe. Die apostel Jakobus kon wel praat oor die natuur van die Skrif (en baie ander dinge) toe hy verkondig het, “Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie” (Jak 1:17).
English
Wat beteken dit dat die Bybel God-geïnspireerd is?