settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Bergpredikasie?

Antwoord


Die Bergpredikasie is die preek wat Jesus in Matt 5-7 gegee het. Matt 5:1-2 is die rede waarom dit bekend staan as die Bergpredikasie: “Toe Jesus die menigte mense sien, het Hy teen die berg opgegaan. Nadat Hy gaan sit het, het Sy dissipels na Hom toe gekom en Hy het hulle geleer….” Die Bergpredikasie is die bekendste preek wat Jesus ooit gelewer het, miskien die gewildste preek ooit deur enigeen.

Die Bergpredikasie dek verskeie, verskillende onderwerpe. Dit is nie die doel van hierdie artikel om op elke afdeling repliek te lewer nie, maar eerder om ‘n kort samevatting te gee van die inhoud daarvan. Indien ons die Bergpredikasie sou opsom in een enkele sin, sou dit iets soos die volgende wees: Hoe om ‘n lewe te leef wat toegewy en aangenaam voor God is, vry van skynheiligheid, gevul met liefde en genade en vol van wysheid en onderskeidingsvermoë.

5:3-12 Die Saligsprekinge

5:13-16 Sout en Lig 5:17-20 Jesus het die Wet vervul 5:21-26 Woede en Moord

5:27-30 Wellus en Egbreuk

5:31-32 Egskeiding en Hertrou

5:33-37 Ede Aflê

5:38-42 Oog vir ‘n Oog

5:43-48 Liefde vir jou vyande

6:1-4 Gee vir die Armes

6:5-15 Hoe om te Bid

6:16-18 Hoe om te Vas

6:19-24 Skatte in die Hemel

6:25-34 Moenie Bekommer nie

7:1-6 Moenie Skynheilig Oordeel nie

7:7-12 Vra, Soek, Klop

7:13-14 Die Nou Poort

7:15-23 Valse Profete

7:24-27 Die Wyse Bouer

Matt 7:28-29 vat die Bergpredikasie saam met die volgende stelling: “Toe Jesus klaar gepraat het, was die skare verbaas oor Sy onderrig, want Hy het hulle geleer soos ‘n man met gesag en nie soos hulle skrifgeleerdes nie.” Mag ons almal aanhou om verbaas te staan oor Sy onderrig en die beginsels volg wat Hy geleer het op die berg!

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Bergpredikasie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries