settings icon
share icon
Vraag

Wat is Animisme?

Antwoord


Animisme is die oortuiging dat alles ‘n siel of gees het, ‘n “anima” in Latyn, insluitende diere, plante, klippe, berge, riviere en sterre. Hulle glo dat elke “anima” ‘n kragtige gees is wat hulle kan help of seermaak en aanbid moet word of gevrees moet word of op een of ander wyse erken moet word. Animisme is ‘n primitiewe godsdiens, waarvan die aanhangers vir duisende jare diere, sterre en enige soort afgode vereer het en spiritisme, towery, waarsêery en astrologie bedryf het. Hulle gebruik toorkuns, towerspreuke, betowering, bygelowe, gelukbringers, toormiddels, gelukshangers of enigiets wat hulle glo hulle kan beskerm van bose geeste en om die goeie geeste tevrede te stel.

Elemente van animisme is teenwoordig in baie valse godsdienste, insluitende Hindoeïsme, Mormonisme en alle New Age groepe. Valse godsdiens leer altyd op een of ander wyse dat die gees binne-in die mens werklik God is en die praktyke van die godsdiens sal ons help om dit te besef en die god-gees te ontwikkel, sodat ons ook God kan wees. Dit is dieselfde leuen wat Satan verkondig sedert die Tuin van Eden, toe hy Adam en Eva verlei het, deur aan hulle te sê, “dan sal julle soos God wees” (Gen 3:5).

Die Bybel sê ondubbelsinnig dat daar een God is en alles, ook die engele in die hemel tot die korrels seesand is deur Hom geskep (Gen 1:1). Enige godsdiens wat leer dat daar meer as een god is, leer ‘n leuen. “Voor My was daar geen god nie, en na My sal daar ook nie een wees nie “ (Jes 43:10) en “Ek is die Here, daar is geen ander nie” (Jes 45:5). Die aanbidding van valse gode, wat werklik geen gode is nie, is ‘n sonde wat God bo alles haat, omdat dit Hom van Sy glorie en eer beroof, wat Hom toekom. Baiekeer in die Bybel verbied God die aanbidding van valse gode.

Die Bybel verbied ernstig die praktyke van animiste. “Enige mens wat hom ophou met die oproep van geeste of met beswering, moet doodgemaak word. Hy moet met klippe doodgegooi word. Hy verdien die dood” (Lev 20:27). Animistiese praktyke is oop deure vir demone om mense se lewens binne te gaan. Die Bybel veroordeel hulle wat sulke dinge doen, in die sterkste moontlike terme (Deut 18; Lev 20; Jes 47).

Soos met alle valse godsdienste, is animisme eenvoudig ‘n ander gekonkel van Satan, die vader van die leuens. Tog word baie regdeur die wêreld verlei deur die “vyand, die duiwel” wat rondloop “soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind” (1 Pet 5:8).



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Animisme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries