Vraag
Wat is die Abrahamiese Verbond?
Antwoord
‘n Verbond is ‘n ooreenkoms tussen twee partye. Daar is twee basiese soorte verbonde: voorwaardelike en onvoorwaardelike. ‘n Voorwaardelike of bilaterale verbond is ‘n ooreenkoms wat bindend is op beide partye in die vervulling daarvan. Beide partye stem in om sekere voorwaardes na te kom. Indien een van die twee misluk om hul verantwoordelikhede na te kom, is die verbond verbreek en geen party hoef die verwagtinge van die verbond te vervul nie. ‘n Onvoorwaardelike of eensydige verbond is ‘n ooreenkoms tussen twee partye, maar slegs een van die twee partye hoef iets te doen. Niks word van die ander party verwag nie.
Abraham se Verbond is ‘n onvoorwaardelike verbond. Die oorspronklike Verbond word gevind in Gen 12:1-3. Die seremonie wat in Genesis 15 beskryf word, dui op die onvoorwaardelike aard van die Verbond. As ‘n verbond afhanklik was daarvan dat beide partye die ooreenkomste hou, dan sou beide partye tussen die stukke van die diere verbygaan. In Gen 15 beweeg God alleen tussen die helftes van die diere. Abraham was in ‘n diep slaap. God se enkele beweging dui aan dat die Verbond in beginsel Sy belofte is. Hy verbind Homself tot die Verbond.
Later het God aan Abraham die reg van besnyding gegee as die spesifieke teken van die Abrahamiese Verbond (Gen 17:9-14). Al die manlike persone in Abraham se geslagslyn moet besny word en so dra hulle saam met hulle lewenslank die merk aan hul liggame saam dat hulle deel van God se fisiese seёn in die wêreld is. Enige afstammeling van Abraham wat geweier het om besny te word, het homself buite die Verbond van God verklaar; dit verduidelik waarom God kwaad was vir Moses toe hy nagelaat het om sy seun te besny (Eks 4:24-26). God het bepaal om spesiale mense vir Homself daar te stel en deur daardie spesiale mense wou Hy die hele wêreld seёn. Die Here het aan Abraham gesê:
“Ek sal jou ‘n groot nasie maak,
Ek sal jou seёn en jou ‘n man van groot betekenis maak,
En jy moet tot ‘n seёn wees.
Ek sal seёn wie jou seёn,
En hom vervloek wat jou vervloek.
In jou sal al die volke van die aarde geseёn wees.” (Gen 12: 2-3).
Gebaseer op hierdie belofte, het God later Abram se naam verander van Abram (“hoё vader”) na Abraham (“vader van baie nasies”) in Gen 17:5. Soos ons gesien het, is die Abrahamiese Verbond onoorwaardelik. Dit moet ook letterlik gesien word. Daar is geen nodigheid om die belofte te vergeestelik ten opsigte van Abraham nie. God se beloftes aan Abraham se nageslagte sal letterlik vervul word.
Die Abrahamiese Verbond het die belofte van grondbesit (land) ingesluit (Gen 12:1). Dit was ‘n spesifieke land, ‘n werklike eiendom, met afmetings gespesifiseer in Gen 15:18-21. In Gen 13:15 gee God aan Abraham al die land wat hy kan sien en die geskenk is verklaar om “vir ewig” te wees. God was nie van plan om Sy belofte te verloёn nie. Die gebied gegee as deel van Abraham se Verbond is in Deut 30:1-10 uitgebrei, dikwels genoem die Palestynse Verbond.
Eeue na Abraham se dood, het die kinders van Israel besit geneem van die land onder Josua se leiding (Jos 21:43). Op geen spesifieke stadium in die geskiedenis egter, het Israel die hele land Beheer wat God gespesifiseer het. Daar bly egter ‘n finale vervulling oor van die Abrahamiese Verbond wat wil toesien dat Israel hul Godgegewe vaderland tot sy volheid sal uitbrei. Die vervulling sal meer wees as net ‘n kwessie van geografie; dit sal ook ‘n tyd van heiligheid en restorasie/herstel wees (sien Eseg 20:40-44 en 36:1-37:28).
Die Abrahamiese Verbond het ook baie afstammelinge belowe (Gen 12:2). God het belowe dat die getal van Abraham se kinders sou meeding met die “stof van die aarde” (Gen 13:16). Nasies en konings sou uit hom voortgebring word (Gen 17:6). Dit is van groot betekenis dat die belofte gegee was aan ‘n kinderlose egpaar, wat al in hoё ouderdom was. Maar Abraham het nie “in ongeloof begin twyfel aan die beloftes van God nie” (Rom 4:20), en sy vrou, Sara, alhoewel sy onvrugbaar was en hy al te oud, het hy “krag ontvang om ‘n kind te verwek, omdat hy God wat dit beloof het, getrou geag het” (Hebr 11:11). Abraham was geregverdig deur sy geloof (Gen 15:6) en hy en sy vrou het Isak in hul huis verwelkom, toe hulle 100 en 90 jaar onderskeidelik oud was, die seun van die belofte (Gen 21:5).
God het die Abrahamiese Verbond aan Isak en aan sy seun Jakob herhaal, wie se naam God verander na Israel. Die groot nasie is uitendelik gevestig in die land waar Abraham gewoon het. Aan koning Dawid, een van Abraham se baie afstammelinge, word die Dawidsverbond gegee (2 Sam 7:12-16), waar daar ‘n “seun van Dawid” belowe is, wat eendag oor die Joodse vol sou regeer – vanuit Jerusalem. Baie ander Ou Testamentiese profesieё het gewys na die geseёnde, toekomstige vervulling van daardie belofte (bv. Jes 11; Miga 4; Sag 8).
Die Abrahamiese Verbond het ook ‘n belofte van seёn en verlossing ingehou (Gen 12:3). Die hele aarde sou deur Abraham geseёn word. Hierdie belofte word vervul in die Nuwe Verbond (Jer 31:31-34; Luk 22:20), wat deur Jesus Christus bekragtigis, die seun van Abraham en Verlosser wat eendag alles “nuut” sal maak (Hand 3:21).
Vyf keer in Gen 12, toe God die Verbond aan Abraham gegee het, sȇ Hy, “Ek sal.” Duidelik neem God die onus op Homself om die Verbond te hou. Die Verbond is onvoorwaardelik. Eendag sal Israel berou hȇ, vergewe word en herstel word in God se guns (Sag 12:10-14; Rom 25-27). Eendag sal die volk Israel die hele gebied besit wat aan hulle belowe is. Eendag sal die Messias terugkom om Sy troon op te rig en deur Sy regverdigheid sal die hele wȇreld geseёn wees met ‘n oorvloed van vrede, vreugde en voorspoed.
English
Wat is die Abrahamiese Verbond?