Vraag
Wie of wat is Abaddon/Apollion?
Antwoord
Die naam Abaddon of Apollion verskyn in Openbaring 9:11,”Hulle het die engel van die onderaardse diepte as koning oor hulle. Sy naam in Hebreeus is Abaddon en in Grieks het hy die naam Apollion.” In Hebreeus beteken Abaddon “plek van verwoesting”; die Griekse naam Apollion beteken letterlik “Die Verwoester.”
In Openbaring 8-9 beskryf Johannes ‘n periode gedurende die eindtyd wat engele sewe trompette sal blaas, en so die koms van sewe verskillende oordele op mense op aarde aankondig. As die vyfde engel sy trompet blaas, sal ‘n groot rokende put (die Abyss) oopgaan en ‘n horde demoonse “sprinkane” sal daaruit opkom (Openbaring 9:1-3). Hierdie wesens sal die mag gegee word om enige persoon te martel wat nie God se seël dra nie (vers 4). Die pyn wat hulle toedien, sal so intens wees dat die lydendes sal wens om te sterf, maar die dood sal geweier word (vers 6). Abaddon/Apollion is die heerser van die Abyss en die koning van hierdie demoniese sprinkane.
Abaddon/Apollion word dikwels gebruik as ‘n ander naam vir Satan. Volgens die Skrif lyk dit of daar ‘n onderskeid is tussen Satan en Apollion. Ons vind Satan later in Openbaring, toe hy vir 1 000 jaar in die Abyss gevange gehou word (Openbaring 20:1-3). Hy is toe vrygelaat om chaos op die aarde te wreek (verse 7-8) en uitendelik ontvang hy sy finale, ewige straf (vers 10). Abaddon/Apollion is waarskynlik een van Satan se handlangers, ‘n verwoestende demoon en een van die “regeerders,” “outoriteite,” en “magtiges” wat in Ef 6:12 genoem word.
John Bunyan se klassieke allegorie “The Pilgrim’s Progress” sluit ‘n onvergeetlike toneel in waar Christian in geveg is met ‘n demoniese monster, genaamd Apollion. Eie aan sy naam, vernietig Apollion byna vir Christian. Die pelgrim in sy wapenrusting weerstaan die aanval en swaai sy swaard om die vyand weg te hou. Bunyan se “Apollion” is ‘n simboliese uitbeelding van ons geestelike vyand, maar die inspirasie vir die karakter is letterlik. Die Abaddon/Apollion van Openbaring is ‘n ware wese wat eendag pyn sal toedien op mense gedurende God se oordeel.
English
Wie of wat is Abaddon/Apollion?