settings icon
share icon
Vraag

Is boeke soos “90 Minute in die Hemel” en “23 Minute in die Hel” gebaseer op die Bybel?

Antwoord


Onlangse trefferboeke “Heaven is for Real” deur Todd Burpo, “90 Minutes in Heaven” deur Don Piper en “23 Minutes in Hell” deur Bill Wiese laat vrae ontstaan – gee God in hierdie huidige tyd vir mense visioene van die hemel en die hel? Is dit moontlik dat God mense hemel en/of hel toe neem en hulle dan weer terug stuur met die opdrag om ‘n boodskap aan ons te bring? Terwyl die populariteit van hierdie nuwe boeke dié konsep na vore bring, is die oorhoofse aanspraak niks nuuts nie. Boeke soos “A Divine Revelation of Hell” en “A Divine Revelation of Heaven” deur Mary Baxter en “We saw Heaven” deur Roberts Liardon is vir baie jare beskikbaar. Die sleutelvraag is – is sulke uitsprake Bybels?

Eerstens is dit belangrik om daarop te let, dat God natuurlik vir iemand ‘n visioen van die hemel of die hel kan gee. God het vir die apostel Paulus juis so ‘n visioen in 2 Kor 12:1-6 gegee. Jesaja het ‘n wonderlike ervaring beleef in Jesaja 6. Ja, dit is moontlik dat Piper, Wiese, Baxter en ander werklik in die hemel/hel kon wees en weer teruggekom het. Uiteindelik is dit net God wat weet of dit waar is of die resultaat van misleiding, oordrywing of die ergste openlike bedrieglikheid. Die enigste manier vir ons om te onderskei, is om die visioene en ondervindings met die Woord van God te vergelyk.

As God werklik vir iemand ‘n visioen van die hemel of die hel sou gee, dan is daar een ding wat ons met sekerheid kan weet: dat dit in volkome ooreenstemming met Sy Woord is. ‘n Godgegewe visioen van die hemel sal op geen manier die Skrif soos in Openbaring 21-22 weerspreek nie. Verder is dit so, dat as God werklik aan talle mense sulke visioene sou gee, sal die Godgegewe visioene op geen wyse mekaar weerspreek nie. Ja, die visioene kon verskil en op verskillende inligting fokus, maar nie mekaar weerspreek nie.

Soos met enige boek, geskryf deur enige outeur, “toets dit alles, behou wat goed is en bly weg van alles wat sleg is” (1 Tess 5:21-22). As jy hierdie boeke lees, lees met onderskeiding. Vergelyk altyd alles met die Skrif. Die belangrikste is, om nooit toe te laat dat iemand anders se ervaring en sy interpretasie van daardie ondervinding jou verstaan van die Skrif vorm nie. Die Skrif moet gebruik word om ondervinding te internaliseer, nie andersom nie. Wees geseënd en bemoedigd wat met ander mense gebeur het, maar moenie toelaat dat hul ondervindinge die grondslag van jou geloof of verhouding met God vorm nie.

In alle opsigte het ons gevind dat “90 Minutes in Heaven” deur Don Piper en “Heaven is for Real” deur Yodd Burpo die mees bybelse en geloofbare boeke van al die beskikbare boeke is. Piper en Burpo benader die saak met nederigheid en eerlikheid. Of die visioene werklik van God af kom of nie, die gebeurtensisse kom voor as wonderwerke. Maar weereens, lees met ‘n gesonde balans van onderskeiding en in ooreenkoms met die Bybel, as die absolute bron van waarheid.

Toe die apostel Paulus “weggeruk” was “na die paradys toe”, “het hy woorde gehoor wat ‘n mens nie kan of mag uitspreek nie” (2 Kor 12:4). Die apostel Johannes in Openbaring 10:3-4) en die profeet Daniël (Dan 8:26; 9:24; 12:4) was op dieselfde wyse opgedra om aspekte van die visioene wat hy ontvang het, te seël. Dit sou baie vreemd wees as God vir Paulus, Daniël en Johannes aangesê het om aspekte van Sy opembarings aan hulle,te weerhou en dan vir meer as 2000 jare later, gee Hy selfs groter visioene aan hedendaagse mense, saam met toestemming vir volledige onthulling. Dit is ons menings dat hierdie boeke in verband met die visioene en besoeke aan hemel en hel, skepties bekyk moet word en die belangrikste, bybelgefundeerd moet wees.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is boeke soos “90 Minute in die Hemel” en “23 Minute in die Hel” gebaseer op die Bybel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries