settings icon
share icon
Vraag

Wat is die 7 geeste van God?

Antwoord


Die “sewe geeste van God” word verskeie kere in die boek Openbaring genoem:

Openbaring 1:4-5, “Van Johannes. Aan die sewe gemeentes in die provinsie Asië. Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor Sy troon, en van Jesus Christus…..”

Openbaring 3:1, “Skrywe aan die leraar van die gemeente in Sardis: So sê Hy wat die sewe geeste van God en die sewe sterre het….”

Openbaring 4:5, “Daar het weerligstrale, dreunings en donderslae van die troon af gekom. Vlak voor die troon het sewe fakkaels helder gebrand. Dit is die sewe geeste van God.”

Openbaring 5:6, “Toe het ek voor die troon wat omring was deur vier lewende wesens, tussen die troon en die ouderlinge, ‘n Lam sien staan, die Een wat geslag was. Hy het sewe horings en sewe oë gehad. Die sewe oë is die sewe Geeste van God, wat oor die hele aarde uitgestuur is.” Die identitieit van “die sewe geeste” is nie duidelik in die gedeelte nie, maar deur by die regte interpretasie uit te kom, is dit heeltemal voor die handliggend. Die “sewe geeste kan nie sewe engelwesens wees soos serafs of gerubs nie, as gevolg van die konteks van Openbaring 1:4. Johannes sê dat “genade en vrede” na die kerke toe kom vanuit drie bronne: “van Hom wat is en wat was en wat kom” (v 4), “van die sewe Geeste voor Sy troon” (v 4), en “Jesus Christus” (v 5). Dit is ‘n uitbeelding van die Drie-eenheid: genade en vrede word deur die Vader, die Seun en die Heilige Gees gegee, die drie gelykwaardige Persone van die Godheid.

In Openbaring 3:1 hou Jesus die sewe Geeste van God vas. In Johannes 15:26 “stuur” Jesus, die Heilige Gees vanaf die Vader. Beide gedeeltes stel die superordinêre (oorkoepelende) rol van die Seun en die ondergeskikte rol van die Gees voor.

In Openbaring 4:5 word die sewe Geeste die simbool van sewe brandende lampe voor God se troon. Hierdie beeld stem ooreen met Sagaria se visioen waarin hy die Heilige Gees simboliseer as “’n kandelaar, heeltemal van goud; bo-op is ‘n oliebak met sewe tuite en sewe lamppitte in elkeen” (Sag 4:2).

In Openbaring 5:6 is die sewe Geeste die “sewe oë” van die Lam en hulle is oor die hele aarde uitgestuur. Die sewe oë praat van die Gees en die Lam se alomteenwoordigheid en die feit dat Hy gestuur is oor die hele aarde, verwys na Sy alomteenwoordigheid.

Eers as ons die “sewe Geeste” geïdentifiseer het as die Heilige Gees, bly die vraag staan, hoekom is daar “sewe van Hom? Die Bybel en veral Openbaring gebruik die getal “sewe” om na volmaaktheid te verwys, asook voleindiging. Johannes se visioen sluit ‘n beeld in van die perfekte en volmaakte Heilige Gees.

Jes 11:2 maak ook melding dat die Heilige Gees ‘n sewevoudige beskrywing het: “Die Gees van die Here sal op hom rus: die Gees wat wysheid en insig gee,

die Gees wat raad en sterkte gee,

die Gees wat kennis verleen en eerbied vir die Here.” Die profesie is dat die Messias bemagtig sou word, nie deur sewe individuele geeste nie, maar deur die Een Gees, beskryf op sewe maniere:

Die Gees van die Here

Die Gees van wysheid

Die Gees van insig

Die Gees van raadgewing

Die Gees van Krag

Die Gees van kennis

Die Gees van die vrees van die Here

Die “sewe Geeste van God” in Openbaring is dus ‘n verwysing na die Heilige Gees in die volmaaktheid van Sy veelvuldige bediening.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die 7 geeste van God?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries