settings icon
share icon
Vraag

Wie is die 24 ouderlinge in Openbaring?

Antwoord


Openbaring 4:4 verklaar, "Reg rondom die troon was daar vier en twintig ander trone en op die trone het daar vier en twintig ouderlinge gesit. Hulle het wit klere aangehad en op hulle koppe was daar goue krone". Die boek Openbaring identifiseer nêrens spesifiek wie die 24 ouderlinge is nie. Tog lyk dit asof hulle verteenwoordigers van die Kerk is. Dit is onwaarskynlik dat hulle engele-wesens is, soos sommige meen. Die feit dat hulle op trone sit, dui aan dat hulle saam met Christus regeer. Nêrens in die Skrif regeer engele ooit of sit op trone nie.Van die Kerk word egter herhaaldelik gesê om te regeer saam met Christus (Openbaring 2:26-27, 5:10, 20:4; Matt 19:28; Luk 22:30).

Verderaan word die Griekse woord hier vertaal as "ouderlinge" en is nooit gebruik as verwysing na engele nie, slegs na manne, spesifiek na manne van 'n sekere ouderdom, wat volwasse is en bevoeg om die Kerk te bestuur. Die woord "ouderling" sou onvanpas wees om na engele te verwys, wat nie verouder nie. Hul klere dui ook aan dat dit mans is. Engele verskyn in wit, maar wit kledingstukke word meer algemeen by gelowiges gevind en simboliseer Christus se regverdigheid, wat by verlossing aan ons oorgedra is (Openbaring 3:5, 18; 19:8).

Die goue krone dui ook aan dat dit mans is, nie engele nie. Krone is nooit aan engele belowe nie en nooit is engele daarmee gesien nie. Die woord wat vertaal is as "kroon" hier verwys na die oorwinnaarskroon, gedra deur hulle wat suksesvol deelgeneem het en die oorwinning behaal het, soos deur Christus belowe (Openbaring 2:10; 2 Tim 4:8; Jak 1:12).

Sommige mense glo dat hierdie 24 ouderlinge Israel verteenwoordig, maar met die tyd toe hierdie visioen gebeur het, was die hele volk Israel nog nie vrygemaak nie. Die ouderlinge kan nie heiliges van die verdrukking, om dieselfde rede, verteenwoordig nie — nie almal was al gered in die tyd toe die visioen plaasgevind het nie. Die mees aanvaarbare opsie is dat die ouderlinge die "raptured" Kerk (wegraping) verteenwoordig, wat liedere van verlossing sing (Openbaring 5:8-10). Hulle dra die oorwinningskrone en hulle is op die plek wat deur hul Verlosser vir hulle voorberei is (Joh 14:1-4).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie is die 24 ouderlinge in Openbaring?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries