Vraag
Wat beteken dit om in Jesus te glo?
Antwoord
"Glo jy in Jesus?" lyk na 'n vreemde vraag. Dit klink soos dieselfde vraag as "Glo jy in Kersvader?" of "Glo jy in bo-aardse wesens?" Maar die vraag "Glo jy in Jesus?" vra baie meer as net "Glo jy dat Jesus Christus bestaan het/bestaan?" Die ware betekenis van die vraag is: "Glo jy dat Jesus Christus is, wie die Bybel sê Hy is, en vertrou jy Hom as jou Verlosser?"
So, glo jy in Jesus?
Glo jy dat Jesus, God in menslike gedaante is (Johannes 1:1, 14)? Glo jy dat Jesus aan die kruis gesterf het om die straf vir jou sondes te betaal (1 Korintiërs 15:3; 2 Korintiërs 5:21), waarvoor jy die ewige skeiding weg van God verdien (Romeine 6:23)? Glo jy dat die offer van Jesus, God in die vlees, die enigste voldoende betaling vir jou sondes is (1 Johannes 2:2; Johannes 14:6; Handelinge 4:12)?
Glo jy hierdie dinge? Indien wel, wonderlik, maar om die feite oor Jesus te glo, is net 'n deel van die vergelyking. Bybelse geloof is baie meer as om te glo dat sekere dinge waar is. Bybelse verlossende geloof is ook om op daardie feite te vertrou en daarop staat te maak.
'n Stoel is 'n goeie illustrasie. Jy kan na 'n stoel kyk en glo dat dit van sterk genoeg materiaal gemaak is om jou gewig te dra, en jy kan glo dat dit korrek aanmekaar gesit is. Maar dit is nie Bybelse geloof nie. Bybelse geloof is om op die stoel te sit. Dit is om werklik op die stoel staat te maak, om jou gewig van die grond af te kan dra.
Vertrou jy dat Jesus jou Verlosser is? Vertrou jy dat Sy dood die volle betaling vir jou sondeskuld is? Is jy afhanklik van Sy opstanding, as die waarborg dat jy, ook, ná die dood tot die ewige lewe opgewek sal word? Nie dat dit ooit kan gebeur nie, maar as die "stoel" van Jesus Christus geestelik onder jou uitgeruk sou word, sou jy op die grond val, of vertrou jy ook op ander dinge benewens die stoel?
As jy verstaan en glo wat die Bybel oor Jesus sê, en as jy op daardie waarhede vertrou as die grondslag vir verlossing—is jy gered! Jy "glo in Jesus" in die Bybelse sin.
As jy onseker is of jy werklik in Jesus glo, maar jy dit begeer, of as jy voel dat God jou in geloof na Jesus aantrek, is die volgende stap eenvoudig. Glo! Vertrou op Jesus! Vertrou op Hom vir jou saligheid. Laat God jou van sonde na vergifnis en verlossing draai.
As jy jou nuwe geloof graag mondelings aan God wil uitdruk, is hier 'n voorbeeld van wat jy kan sê: "God, ek weet dat ek gesondig het. Ek weet dat my sonde my van U skei. Ek weet dat my sonde, as dit onverskoon bly, my vir ewig van U sal skei. Ek glo en vertrou dat Jesus Christus my Verlosser is, dat Hy gesterf het om die volle straf vir my sondes te betaal en dat Hy op die derde dag uit die dood opgestaan het. Ek vertrou alleenlik op Sy offer om my in 'n regte verhouding met U te bring. Dankie dat U my vergewe het. Dankie dat U my gered het. Help my om elke dag vir die res van my lewe nader aan U te groei."
Het jy 'n besluit vir Christus geneem na aanleiding van wat jy hier gelees het? Indien wel, klik asseblief op die knoppie hieronder met die opskrif: "Ek het Christus vandag aangeneem".
English
Wat beteken dit om in Jesus te glo?