settings icon
share icon
Vraag

Wat is versoening?

Antwoord


Die woord "versoening" verskyn nie in die Nuwe Testament nie, maar dit gee 'n akkurate beskrywing, rakende 'n aspek van die offer van Christus namens ons. Versoening beteken "om sonde te bedek" en/of "om sonde skoon te maak." Versoening weerspieël die gedagte dat die negatiewe en vernederende gevolge van ons sonde, uit die genade van God ,verwyder word. 'n Ander woord vir versoening is boetedoening, en dit is werklik een van die gevolge van Jesus se versoenende dood vir ons.

Deur versoening—die werk van Christus aan die kruis vir ons—is die sonde van almal wat ooit in Christus sou glo, gekanselleer. Daardie kansellasie is ewig, alhoewel sonde nog steeds in 'n tydelike sin teenwoordig is. Met ander woorde, gelowiges word van die straf en mag van die sonde verlos, maar nie van die teenwoordigheid daarvan nie. Regverdigmaking is die term vir die bevryding van die straf van die sonde. Dit is 'n eenmalige daad waardeur die sondaar geregverdig en heilig en regverdig gemaak word in die oë van God, wat ons sondige aard met die geregtigheid van Christus aan die kruis omgeruil het (2 Korintiërs 5:21). Heiligmaking is die voortdurende proses waardeur gelowiges van die mag van die sonde in hul lewens bevry word en deur die nuwe natuur in staat gestel word om dit te weerstaan en daarvan af weg te draai. Verheerliking is wanneer ons uit die werklike teenwoordigheid van sonde verwyder word, wat eers sal gebeur sodra ons hierdie wêreld verlaat en in die hemel is. Al hierdie prosesse—regverdigmaking, heiligmaking en verheerliking—word moontlik gemaak deur die versoening of kansellasie van sonde.

Dit is ook goed om te weet dat daar ander voordele van Jesus se dood vir ons is. Een daarvan, nie ingesluit in die konsep van versoening nie, maar net so waar en Bybels, is genadetroon, wat beteken om toorn te laat bedaar. Waarlik bevredig die versoeningsdood van God se Seun die toorn van God die Vader teen opstandige, sondige mensdom (Johannes 3:36; Romeine 5:9). Vesoening, regverdigmaking, heiligmaking, verheerliking, en nog vele meer – ons het ontelbare redes om God te prys en na Hom toe te hardloop in geloof en vertroue.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is versoening?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries