settings icon
share icon
Vraag

Is volkome heiligmaking moontlik in hierdie lewe?

Antwoord


Volkome heiligmaking, ook bekend as Christelike volmaaktheid of soms sondelose volmaaktheid, is die lering dat 'n Christen sodanige toestand van heiligheid kan bereik, dat hy of sy ophou om in hierdie lewe te sondig.

Die woorde heiligmaking, heiligheid, heilige, heilig en inwyding, stam almal uit dieselfde wortel en het almal te make met om "afgesonder" te wees. God is heilig, omdat Hy van elke ander ding afgesonder is en veral van enige sonde afgesonder is. Wanneer dit op skepsels toegepas word, het heiligmaking twee betekenisse. Die eerste verwys na die formele verklaring dat iets vir God afgesonder is. Byvoorbeeld, die verskillende stukke toerusting wat in die tabernakel en die tempel gebruik is, is geheilig — afgesonder vir spesifieke gebruik deur God. Net so is die priesters geheilig vir diens aan God. Wanneer mense tot geloof in Christus kom, word hulle geheilig – hulle word formeel aangewys soos om aan God te behoort. Hulle is 'n heilige volk (1 Petrus 2:9). Selfs die Korintiese gemeente, wat lede gehad het wat aan allerhande goddelose gedrag deelgeneem het, kon as 'n groep "saints" (heiliges) bestempel word (1 Korintiërs 1:2), omdat hulle kinders van God was deur geloof in Christus. Dit word dikwels "posisionele heiligmaking" genoem.

Daar is 'n tweede betekenis waarin heiligmaking op gelowiges van toepassing is. Wanneer hulle aanvanklik tot geloof kom en vir God afgesonder word, mag hul optrede nie baie verskillend wees van hul optrede voorheen nie. Hulle is formeel (posisioneel) geheilig, maar nou moet hulle prakties geheilig word — dit wil sê, hulle moet begin leef op 'n wyse wat vir God afgesonder is; hulle moet heiligheid beoefen. Namate gelowiges in hul verhouding met die Here groei, behoort hul gedrag te verander om meer ooreen te stem met wat God begeer — hulle sal al hoe meer geheilig word. Dit word dikwels "voortdurende heiligmaking" genoem.

As mens hierdie twee betekenisse van die woord geheilig gebruik, is dit gepas om te sê dat alle gelowiges geheilig is, maar hulle moet ook al hoe meer geheilig word. Hulle is heilig, maar hulle moet in heiligheid groei. Hulle is heiliges, maar hulle moet soos heiliges leef. Die vraag rakende volkome heiligmaking is: kan enige gelowige ten volle geheilig word in die praktiese sin? Kan 'n gelowige 'n punt in hierdie lewe bereik waar hy so in gemeenskap met God en so in ooreenstemming met die Heilige Gees is, dat hy nie meer sonde pleeg nie?

Diegene wat die leer van vollkome heiligmaking aanhang, glo dat dit inderdaad moontlik is vir Christene om so in hul gedrag geheilig te wees dat hulle nie meer sonde pleeg nie. Volgens die konsep van volkome heiligmaking is dit moontlik om nie te sondig nie, en sommige gelowiges vervul hierdie moontlikheid eintlik in hul daaglikse lewens. Volkome heiligmaking word dan voorgestel as 'n ideaal wat vir enige gelowige bereikbaar is. Die opdrag om "heilig te wees" in Matteus 5:48 is net een vers wat as bewys van hierdie moontlikheid gebruik word. Waarom sou God ons beveel om iets te doen wat vir ons onmoontlik is om te doen? Miskien is 1 Johannes 3:6 die kragtigste bewysteks: "Elkeen wat in Hom bly, sondig nie; elkeen wat sondig, het Hom nie gesien of Hom nie geken nie."

Diegene wat die moontlikheid van volkome heiligmaking ontken, stem saam dat heiligheid die doel en die begeerte van elke gelowige behoort te wees, maar dat dit eenvoudig nie hier op aarde bereik kan word nie — sonde is eenvoudig te alomteenwoordig. By die uitlegging van 1 Johannes 3:6 sou hulle daarop wys dat die werkwoord 'sondig' in die teenwoordige tyd is en 'n voortdurende, gewoontepatroon van onbekeerlike sonde aandui. Hulle sou ook daarop wys dat die brief van 1 Johannes ook van Jesus praat as die Voorspraak vir gelowiges wat aanhou sondig en dat, as ons sê dat ons geen sonde het nie, ons onsself mislei (1 Johannes 2:1; 1:8).

In die finale ontleding is daar niks in die Skrif wat leer dat gelowiges in hierdie lewe volmaak sal word nie. Volledige heiligmaking sal plaasvind wanneer ons die hemel bereik, maar nie voor dit nie. Die verwagting is dat gelowiges op aarde sal aanhou sondig en gereinig moet word (1 Johannes 1:9). Dit is realisties om te verwag dat Christene nie in bewuste sondige opstand teen God sal lewe nie, maar sonde is te alomteenwoordig om ooit in hierdie lewe aan sonde se besoedeling te ontsnap. Die doel is dat, alhoewel sonde teenwoordig is, dit ons nie moet oorheers nie. "Reken julle self dood vir die sonde, maar lewendig vir God in Christus Jesus. Laat daarom nie toe dat die sonde in julle sterflike liggaam heers, sodat julle nie die bose begeerlikhede daarvan gehoorsaam nie. Bring nie 'n deel van julle liggaam as 'n instrument van ongeregtigheid aan die sonde nie, maar bring julle self as 'n lewende offer aan God, soos iemand wat uit die dood na die lewe gebring is; en bring elke deel van julle liggaam as 'n instrument van geregtigheid aan Hom. Want sonde sal nie meer julle heer wees nie, omdat julle nie onder die wet is nie, maar onder die genade" (Romeine 6:11–14). Op enige gegewe oomblik kan 'n gelowige dalk saamwerk met die Heilige Gees se leiding eerder, as om aktief daarteen in opstand te kom, maar selfs in ons beste oomblikke het ons nie sondelose volmaaktheid bereik nie.

Die gebooie van God en die eise van die Skrif op ons lewens is omvattend; dit is onmoontlik dat enige gelowige kan beweer dat hy in volmaakte gehoorsaamheid aan alles wat God gesê het, leef. Jesus het gesê dat die grootste gebod is: "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand" (Matteus 22:37) en dat die tweede soortgelyk is: "Jy moet jou naaste liefhê soos jouself" (Matteus 22:38). Dit is een ding vir 'n gelowige om te sê dat daar geen bekende area van opstandigheid teen God in sy of haar lewe is nie, maar dit is heeltemal iets anders om te sê dat hy of sy God ten volle en volmaak liefhet. Dit is een ding om te sê dat 'n gelowige geen haat koester teenoor sy naaste nie, maar heeltemal iets anders om te beweer dat die gelowige sy naaste liefhet soos hy homself liefhet. 1 Tessalonisense 5:17 beveel gelowiges om "sonder ophou te bid" (ESV). 'n Gelowige kan 'n kragtige gebedslewe hê, maar kan enige gelowige in alle eerlikheid beweer dat hy of sy hierdie gebod ten volle gehoorsaam? Die meeste gelowiges vind dat wanneer hulle oortuig word van een sondige area en daaroor berou het, hulle dan bewus word van 'n ander area waarvan hulle dalk voorheen nie bewus was nie. As 'n Christen by die punt gekom het waar hy eenvoudig nie meer enige areas van sondigheid in sy eie lewe kan identifiseer nie, behoort hy nie aan te neem dat hy volkome heiligmaking bereik het nie. Hy sal eerder goed doen deur om sy lewensmaat of ander naaste vriende of familielede om hul perspektief te vra. Hy mag verras wees oor hoe verblind hy geraak het vir areas van sondigheid in sy eie lewe, wat vir ander duidelik sigbaar is.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is volkome heiligmaking moontlik in hierdie lewe?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries