settings icon
share icon
Vraag

Wat is Soteriologie?

Antwoord


Soteriologie is die studie van die leer van die verlossing. Soteriologie bespreek hoe Christus se dood die verlossing van diegene wat glo, verseker. Dit help ons om die leerstellings van verlossing, regverdigmaking, heiligmaking, versoening en die plaasvervangende versoening te verstaan. Sommige algemene vrae in die studie van Soteriologie is:

Eenmaal gered, altyd gered? Miskien is die hartverskeurende vrees waarmee sommige gelowiges leef, dat ons iets verkeerds kan doen om ons saligheid te verloor. Maar die Bybel spreek duidelik oor die ewigheid van ons saligheid en hoe ons bewaar word deur Hom wat ons met Sy bloed gekoop het.

Is saligheid deur geloof alleen, of deur geloof plus werke? Is ek gered net deur in Jesus te glo, of moet ek in Jesus glo en sekere dinge doen?

Is doop 'n vereiste vir saligheid? Wat is doop-wedergeboorte? Doop-wedergeboorte is die geloof dat 'n persoon gedoop moet word om gered te word. Alhoewel die doop 'n belangrike stap van gehoorsaamheid vir 'n Christen is, is die Bybel duidelik dat die doop nie 'n vereiste vir verlossing is nie.

Wat is bekering en is dit nodig vir verlossing? Bybelse bekering is om van denke aangaande Jesus Christus te verander en in geloof na God toe te draai vir verlossing (Handelinge 3:19). Om van sonde om te draai is nie die definisie van bekering nie, maar dit is een van die gevolge van opregte, op geloof gebaseerde bekering tot die Here Jesus Christus.

Wat beteken dit om 'n wedergebore Christen te wees? Die uitdrukking "wedergeboorte" beteken letterlik "geboorte van bo af." Dit is 'n daad van God waardeur die ewige lewe aan die persoon wat glo, oorgedra word—'n geestelike transformasie.

Behalwe vir Christologie, is Soteriologie die gebied waar die Christendom die meeste verskil van die kultusse en ander wêreldse afgodery. 'n Begrip van bybelse Soteriologie sal ons help om te weet waarom verlossing alleen uit genade (Efe­siërs 2:8-9), alleen deur geloof, slegs in Christus alleen is. Geen ander godsdiens baseer verlossing op geloof alleen nie. Soteriologie help ons om te sien waarom. 'n Duidelike begrip van ons saligheid sal 'n "vrede wat alle verstand te bowe gaan" (Filippense 4:7) verskaf, omdat ons te wete kom dat Hy wat nooit kan faal nie, die middel is waardeur ons gered is en die middel waardeur ons veilig in ons saligheid/verlossing bly. As ons verantwoordelik was om onsself te red en onsself gered te hou, sou ons faal. Dank God dit is nie die geval nie!

Titus 3:5-8 is 'n geweldige samevatting van Soteriologie: "Hy het ons gered, nie op grond van regverdige dade wat ons gedoen het nie, maar op grond van Sy barmhartigheid. Hy het ons gered deur die afwas van wedergeboorte en vernuwing deur die Heilige Gees, wat Hy vryelik oor ons uitgestort het deur Jesus Christus, ons Verlosser, sodat ons, deur Sy genade regverdig gemaak word, erfgename kan word met die sekere hoop op die ewige lewe."

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Soteriologie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries