Vraag
Is die versoening van Christus onbeperk?
Antwoord
Die Bybel het baie om te sê oor die versoening van Christus. Die vraag is of Sy offer beperkte of onbeperkte versoening verskaf het. Die woord versoening beteken "bevrediging of herstel van 'n onregmatige daad of besering; herstel." Die lering van onbeperkte versoening stel dit so dat Christus vir alle mense gesterf het, of hulle nou ooit in Hom sal glo of nie. Wanneer dit op Jesus se voltooide werk aan die kruis toegepas word, handel versoening oor die versoening van God en die mensdom, soos volbring deur die lyding en dood van Christus. Paulus beklemtoon die versoeningswerk van Jesus wanneer hy sê: "Maar God bewys sy liefde vir ons in dit dat Christus vir ons gesterf het terwyl ons nog sondaars was. Aangesien ons nou deur sy bloed regverdig verklaar is, hoeveel te meer sal ons deur Hom van die toorn van God gered word!" Want as ons, terwyl ons nog God se vyande was, deur die dood van sy Seun met Hom versoen is, hoeveel te meer sal ons, noudat ons versoen is, deur sy lewe gered word!" (Romeine 5:8–10).
Hoe hierdie herstel van onregte of versoening bewerkstellig is en wat by die daad betrokke was, word deur teoloë al vir eeue lank bespreek. Daar is ten minste nege verskillende standpunte oor die versoening deur Christus, wat wissel van die siening dat die versoening slegs 'n positiewe voorbeeld vir ons is (die Morele Voorbeeldteorie) tot die siening dat dit 'n geregtelike, plaasvervangende daad is (die Strafvervangingsleer).
Maar miskien draai die mees kontroversiële debat oor die versoening van Jesus, wat na verwys word as 'beperkte' of 'bepaalde' versoening. Een teologiese kamp (wat hoofsaaklik bestaan uit dié wat Arminianisme en Wesleyanisme aanhang) glo dat Christus aan die kruis gesterf het vir almal wat ooit sal lewe. Die ander teologiese kamp — bestaan uit Gereformeerde denkers, wat dikwels "Calviniste" genoem word na die hervormer, Johnnes Calvyn — sê dat Jesus net vir dié gesterf het wat die Vader van die grondlegging van die wêreld uitverkies het om gered te word. Hierdie groep verloste individue word dikwels die "uitverkorenes" of die "gekose" van God genoem. Watter standpunt is korrek? Het Jesus vir almal in die wêreld gesterf of net vir 'n geselekteerde groep individue?
Sal almal gered word?
By die ondersoek van hierdie saak is die eerste vraag wat gevra moet word: sal almal gered word deur die versoeningswerk van Christus? Dié wat 'n standpunt van universalisme aanhang, sê "ja." Die universalisiste voer aan dat, omdat Christus vir almal gesterf het en al die sondes van die mensdom op Christus gelê en in Hom gestraf is, almal die ewigheid by God sal deurbring.
Die Skrif staan egter in opponerende gesindheid teenoor so 'n lering (wat teruggevoer kan word na 'n leraar met die naam, Laelius Socinus, in die 16de eeu). Die Bybel maak dit glashelder dat baie mense verlore sal gaan, met net 'n paar verse wat hierdie feit beklemtoon:
• "Baie wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak: sommige tot die ewige lewe, ander tot skande en ewige veragting" (Daniël 12:2)
• "Gaan in deur die nou poort, want die poort is breed en die pad is wyd wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is klein en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind" (Matteus 7:13–14)
• "Baie sal daardie dag vir My sê: 'Here, Here, het ons nie in U Naam geprofeteer en in U Naam duiwels uitgedryf en in U Naam baie wonderwerke gedoen nie?' En dan sal Ek aan hulle sê: 'Ek het julle nooit geken nie; gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid bedryf!'" (Matteus 7:22–23)
• "Dan gaan hulle weg na die ewige straf, maar die regverdiges na die ewige lewe" (Mattheüs 25:46)
• "Hulle sal gestraf word met ewige verderf en uitgesluit word van die teenwoordigheid van die Here en van die heerlikheid van sy krag" (2 Tessalonisense 1:9)
• "As daar gevind is dat iemand se naam nie in die boek van die lewe geskrywe staan nie, is hy in die vuurpoel gegooi" (Openbaring 20:15)
Aangesien nie almal gered sal word nie, is daar een onvermydelike feit om te verstaan: die versoening van Christus is beperk. As dit nie so is nie, moet die universalistiese leerstelling waar wees, en tog leer die Skrif duidelik dat nie almal gered gaan word nie. Tensy 'n mens 'n universalis is en die bogenoemde Bybelse bewyse kan weerlê, moet hy dus aan 'n vorm van beperkte versoening vashou.
Hoe is die versoening dan beperk?
Die volgende belangrike vraag om te ondersoek is hierdie: as die versoening beperk is (en dit is), hoe is dit beperk? Jesus se beroemde uitspraak in Johannes 3:16 verskaf die antwoord: "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggeborene Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." In hierdie gedeelte vind ons die noodsaaklike voorwaarde wat die versoening beperk: "elkeen wat glo" (letterlik in die Grieks: "al die gelowiges"). Met ander woorde, die versoening is beperk tot diegene wat glo, en slegs tot diegene wat glo.
Wie beperk die versoening?
Albei die voorheen genoemde teologiese kampe sal nie oor hierdie punt argumenteer nie – die versoening van Christus is beperk tot diegene wat glo. Die meningsverskil ontstaan oor die volgende vraag: wie beperk die versoening – God of mens? Calviniste/Gereformeerde denkers voer aan dat God die versoening beperk, deur dié te kies wat Hy sal red, en dat God dus slegs die sondes van dié wat Hy vir verlossing gekies het, op Christus gelê het. Die Arminiaanse/Wesleyaanse standpunt stel dat God nie die versoening van Christus beperk nie, maar dat dit eerder die mensdom is wat die versoening beperk, deur vryelik te kies om die aanbod wat God vir hulle tot redding maak, te aanvaar of te verwerp.
'n Algemene manier waarop die Arminiaanse/Wesleyaanse teoloë hul standpunt stel, is dat die versoening onbeperk is in sy uitnodiging, maar beperk is in sy toepassing. God bied die uitnodiging aan almal; slegs dié wat in geloof op die evangelieboodskap reageer, kry die versoeningswerk op hul geestelike toestand van toepassing.
Om die standpunt te ondersteun dat die mensdom, en nie God nie, die versoening beperk, lys die Arminiaanse/Wesleyaanse 'n aantal Skrifgedeeltes, insluitend die volgende:
• "Hy is die versoeningsoffer vir ons sondes, en nie net vir ons s'n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld" (1 Joh. 2:2, klem bygevoeg)
• "Die volgende dag sien hy Jesus na hom toe kom en sê: 'Kyk, die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!'" (Joh. 1:29, klem bygevoeg)
• "Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het; as iemand van hierdie brood eet, sal hy vir ewig lewe; en die brood wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee, is my vlees" (Johannes 6:51, klem bygevoeg)
• "En as Ek van die aarde verheerlik word, sal Ek almal na My toe trek" (Johannes 12:32, klem bygevoeg)
• "Want daar is een God en een middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself as 'n losprys vir almal gegee het, die getuienis wat op die regte tyd gegee is" (1 Timoteus 2:5–6, klem bygevoeg)
• "Maar ons sien Hom wat vir 'n kort tydjie minder gemaak is as die engele, naamlik Jesus, omdat Hy deur die lyding van die dood met heerlikheid en eer gekroon is, sodat Hy deur die genade van God vir almal sou sterwe" (Hebreërs 2:9, klem bygevoeg)
• "Maar daar het ook valse profete onder die volk opgestaan, net soos daar ook onder julle valse leraars sal wees, wat verderflike dwaalleer sal insmokkek, selfs die Here wat hulle vrygekoop het, verloën en 'n skielike verderf oor hulleself bring" (2 Petrus 2:1, klem bygevoeg)
Benewens die bogenoemde Bybelse verwysings, bied die Arminiaanse/Wesleyaanse geleerdes ook 'n aantal logiese argumente aan om hul saak te ondersteun. Die mees algemene is, dat, as God vir almal lief is, hoe kon Christus dan nie vir almal gesterf het nie? Is God nie lief vir elkeen nie (vergelyk Johannes 3:16)? Hulle sien 'n "deur God beperkte versoening" as 'n ontkenning van God se algehele goedheid.
Verder glo die Arminiaanse/Wesleyaanse geleerdes dat 'n versoening wat deur God beperk word, verwoestend is vir die evangelieboodskap. Hoe kan 'n evangelis preek dat "Christus het vir jou gesterf" as Christus nie inderdaad vir almal gesterf het nie? Daar is 'n volledige gebrek aan vertroue, sê hulle, om vir enige persoon te verklaar dat Christus vir hom gesterf het, omdat die evangelis geen werklike idee het (gegewe 'n "deur God beperkte versoening") of dit werklik die geval is nie.
Onbeperkte Versoening — die Gevolgtrekking:
Tensy 'n mens 'n universalis is en glo dat almal uiteindelik gered sal word, moet 'n Christen vasklou aan 'n vorm van 'n beperkte versoening. Die kern van die meningsverskil is vir wie daardie versoening beperk – God of die mens? Dié wat aan 'n "deur God beperkte versoening" wil vashou, moet die Bybelse argumente wat deur die voorstanders van 'n "deur die mens beperkte versoening" vorendag gebring word, beantwoord en ook verduidelik hoe God in die Skrif as alom liefdevol beskryf kan word en tog nie Sy Seun laat sterf het vir almal nie.
English
Is die versoening van Christus onbeperk?