Vraag
Het Jesus my lief?
Antwoord
Baie mense het al gewonder of Jesus hulle regtig liefhet. Die Bybel is duidelik dat dit nie saak maak wat ons gedoen het nie, Jesus het ons lief. In werklikheid belowe Hy om ons elke verkeerde ding wat ons gedoen het, te vergewe en ons die ewige lewe te gee as ons net in Hom glo: "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy enigste, gekruisigde Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê" (Johannes 3:16).
Romeine 5:8 sê: "God bewys sy liefde vir ons in dié opsig dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was." Voordat ons selfs gebore is, het God sy enigste Seun, Jesus, gestuur om namens ons te sterf om ons die geleentheid tot die ewige lewe te gee. Hierdie wonderlike geskenk kom tot ons, deur Sy wonderlike genade teenoor ons: "Want uit genade is julle gered, deur geloof — en dit kom nie uit julle self nie; dit is 'n gawe van God — nie uit werke nie, sodat niemand kan roem nie" (Efesiërs 2:8–9). Ons hoef nie Sy liefde te verdien nie; ons neem dit eenvoudig aan.
Dit mag moeilik wees om te glo dat Jesus jou liefhet, gemeet aan ander mense wat jou in die verlede teleurgestel het. Jesus is egter anders as enige ander persoon; Hy is God in menslike gedaante (Johannes 1:14). Hy het ons geskep, Hy onderhou elke asemteug wat ons neem, en Hy bied ons nou nuwe lewe en die ewige lewe in die hemel saam met Hom aan.
Nog 'n rede waarom dit dalk moeilik is om die waarheid te aanvaar dat Jesus jou liefhet, is dat iets wat jy in die verlede gedoen het, jou pla. Jesus ken jou verlede reeds en bied jou steeds die ewige lewe en vergifnis aan. 'n Wonderlike voorbeeld van Sy liefde kan gevind word in Sy laaste ure aan die kruis. Een van die mans wat langs Hom gekruisig is, is tereggestel vir sy misdade. Hy het na Jesus gekyk en gesê: "Jesus, dink aan my wanneer U in U koninkryk kom." Jesus het hom geantwoord en gesê: "Voorwaar, Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees" (Lukas 23:42–43). Ten spyte van hierdie misdadiger se sondes, het Jesus sy eenvoudige en opregte daad van geloof aanvaar en hom ewigheid in die hemel belowe — alhoewel Jesus geweet het die man het nie tyd gehad om sy lewe anders te leef nie.
Wanneer ons vra: "Hoe baie hou Jesus van my?" hoef ons net na die kruis te kyk. Hy het Sy hande uitgestrek en gesê: "Ek hou so baie van jou." Hy het Sy lewe gegee om jou nuwe lewe te gee.
Jy kan nou bid om Jesus as jou Verlosser te ontvang en Sy liefde en die ewige lewe te aanvaar. Daar is nie 'n spesiale gebed om te bid nie, maar jy kan reageer met 'n gebed soortgelyk aan hierdie:
"Liefdevolle God, ek besef ek is 'n sondaar en kan nooit deur my eie goeie dade die hemel bereik nie. Nou plaas ek my geloof in Jesus Christus, as God se Seun, wat uit die dood opgestaan het om vir my die ewige lewe te gee. Vergewe asseblief my sondes en help my om vir U te leef. Dankie dat U my aanvaar en my die ewige lewe gegee het."
Het u 'n besluit vir Christus geneem van wat wat u hier gelees het? Indien wel, klik asseblief op die knoppie hieronder met die opskrif "Ek het Christus vandag aangeneem".
English
Het Jesus my lief?