settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit dat vroue deur moederskap 'gered' sal word (1 Timoteus 2:15)?

Antwoord


Hierdie vers is verkeerd geïnterpreteer, asof dit beteken dat enige vrou wat 'n kind baar, outomaties gered word weens die geboorte. 1 Timoteus 2:15 is die gevolgtrekking uit Paulus se lering oor die rolle van mans en vroue in die kerk, wat hy in vers 11 begin het. Dit is 'n welbekende, moeilike vers met 'n menigte moontlike interpretasies. "Maar vroue sal gered word deur kinders te baar—as hulle voortgaan in geloof, liefde en heiligheid met volharding." Soos altyd, behoort die onmiddellike konteks te dien om die presiese betekenis van 'n teks te bepaal. Die voorafgaande vers spreek van Eva se misleiding by die sondeval en die daaropvolgende gevolge.

In Genesis 3:16 vervloek God Eva: "Ek sal jou swangerskapspyne baie vermeerder; met pyn sal jy kinders baar." Dit mag lyk of dit aandui dat Paulus bedoel het dat vroue fisies, deur die pyn van bevalling bewaar sou word. Die werkwoord wat hier in 1 Timoteus 2:15 gebruik word (soqhsetai) dra egter in Paulus se geskrifte altyd die betekenis van geestelike verlossing. Verder ervaar Christelike vroue steeds pyn by die bevalling, en sterf soms as gevolg van die geboorteproses. As fisiese verlossing die betekenis van vers 15 is, sou dit aandui dat Christelike vroue wat by die bevalling sterf, dalk nie "in geloof, liefde en heiligheid met volharding voortgegaan" het nie.

'n Tweede opsie sou wees dat vroue geestelik gered word deur middel van kinders te baar. Dit kan natuurlik nie die geval wees nie, want dit sou die konsekwente boodskap van verlossing uit genade deur geloof in Christus (Efe­siërs 2:8–9) weerspreek. 'n Derde moontlikheid is dat die woord "kinders baar" (teknogonias) na die geboorte van Christus verwys, moontlik 'n skakel na Genesis 3:15 en die belofte van 'n Saad wat deur die vrou sou kom. Dit is onwaarskynlik, aangesien Paulus nêrens elders na die geboorte van Christus op hierdie wyse verwys nie. 'n Verwysing na die inkarnasie blyk twyfelagtig te wees, gelet op die konteks en die onderwerp wat ter sprake is.

Die mees waarskynlike interpretasie wat die onmiddellike konteks in ag neem, is dat vroue eerder as om hul beoogde rolle te verlaat, deur onderrig en gesagvolle posisies in die kerk te eis, ware vervulling deur kinders te baar sal vind. Paulus sê, God roep vroue om getroue, behulpsame vroue te wees, kinders op te voed om God lief te hê en te aanbid en die huishouding met wysheid te bestuur (1 Timoteus 5:14; Titus 2:3–5). Alhoewel hierdie siening nie sonder sy probleme is nie, blyk dit die beste, met die konteks en met die res van die Skrif in ooreenstemming te wees.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit dat vroue deur moederskap 'gered' sal word (1 Timoteus 2:15)?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries