settings icon
share icon
Vraag

Leer Handelinge 22:16 dat doop noodsaaklik is vir verlossing?

Antwoord


Soos met enige enkele vers of gedeelte, onderskei ons wat dit leer, deur dit eers te onderskei, van wat ons weet wat die Bybel oor die betrokke onderwerp leer. In die geval van doop en verlossing, is die Bybel duidelik dat verlossing uit genade is deur geloof in Jesus Christus, nie deur werke van enige aard nie, insluitend doop (Efe­siërs 2:8-9). Enige interpretasie wat tot die gevolgtrekking kom dat doop, of enige ander daad, noodsaaklik is vir verlossing, is dus 'n foutiewe interpretasie. Vir meer inligting, besoek asseblief ons webblad oor "Is verlossing deur geloof alleen, of deur geloof plus werke?"

Handelinge 22:16, "En nou, waarvoor wag jy? Staan op, word gedoop en was jou sondes af deur Sy Naam aam te roep." Die eerste vraag wat beantwoord moet word, is: "Wanneer is Paulus gered?"

1. Paulus sê dat hy nie die Evangelie van Ananias ontvang of gehoor het nie, maar dat hy dit direk van Christus gehoor het. Galasiërs 1:11-12 sê: "Ek wil hê julle moet weet, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie volgens die mens is nie. Want ek het dit nie van 'n mens ontvang nie, en ek is daar ook nie oor geleer nie, maar ek het dit deur 'n openbaring van Jesus Christus ontvang." Dus het Paulus op die pad na Damaskus van Christus gehoor en in Hom geglo. Paulus het reeds in Christus geglo toe Ananias gekom het om vir hom te bid, dat hy sy sig sou ontvang (Handelinge 9:17).

2. Daar moet ook op gelet word dat, toe Ananias vir hom gebid het om sy sig te ontvang, Paulus ook die Heilige Gees ontvang het (Handelinge 9:17) – dit was voordat hy gedoop is (Handelinge 9:18). Handelinge beskryf 'n oorgangstydperk waarin God se fokus van Israel na die Kerk verskuif. Die gebeure wat in Handelinge opgeteken is, is nie altyd normatief/standaard nie. Wat die ontvangs van die Heilige Gees betref, is die norm dat 'n persoon die Heilige Gees ontvang en permanent deur Hom ingewoon word, op die oomblik van verlossing.

3. Die Griekse (aoristus) onbepaalde verlede deelwoord, "epikalesamenos," wat met "roep op Sy naam" vertaal word, verwys óf na 'n handeling wat gelyktydig met of voor dié van die hoofwerkwoord, "gedoop word," plaasvind. Hier het Paulus se aanroeping van Christus se naam vir verlossing, sy waterdoop voorafgegaan. Die deelwoord kan vertaal word as "nadat hy sy naam aangeroep het", wat meer sin maak, aangesien dit duidelik die volgorde van die gebeure sou aandui.

4. Aangaande die woorde, "word gedoop, en was jou sondes weg," omdat Paulus op die tydstip dat Christus aan hom verskyn het reeds geestelik gereinig was, moet hierdie woorde na die simboliek van die doop verwys. Die doop is 'n beeld van God se innerlike werk om sonde weg te was (1 Korintiërs 6:11; 1 Petrus 3:21).

5. Dit is ook interessant dat toe Paulus hierdie gebeurtenis later weer in Handelinge vertel (Handelinge 26:12-18), hy Ananias glad nie genoem het of wat Ananias vir hom gesê het nie. Vers 18 sou weer bevestig dat Paulus Christus as Verlosser op die pad na Damaskus ontvang het, aangesien Christus hier vir Paulus sê dat hy 'n boodskapper vir Hom sal wees, aangaande die vergewing van sondes vir heidene namate hulle in Hom glo. Dit sou onwaarskynlik lyk dat Christus Paulus sou bemagtig het, as Paulus nog nie in Hom geglo het nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Leer Handelinge 22:16 dat doop noodsaaklik is vir verlossing?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries