settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor vrouens wat buite die huis werk?

Antwoord


Vir baie paartjies en families is dit ‘n struweling óf die vrou moet werk óf sy buite die huis moet werk. Die Bybel het instruksies rakende die vrouens se rol. In Titus 2:3-4 gee Paulus hierdie opdragte oor hoe ‘n jonggetroude vrou deur die ouer vrouens opgelei moet word: “sodat hulle die jonger vrouens kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees, verstandig en kuis, goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die woord van God nie in diskrediet kom nie.” In hierdie gedeelte is die Bybel duidelik daaroor dat, wanneer kinders in die prentjie kom, die jong vrou se verantwoordelikheid moet inskop. Die ouer vrouens moet die jonger vrouens leer om lewens te lei wat tot God se eer strek. Met hierdie verantwoordelikhede in gedagte, kan ‘n ouer vrou haar tyd volgens die Here se leiding spandeer, asook haar diskresie.

Spreuke 31 praat van “’n Knap vrou” (“a wife of noble character”). Vanaf vers 11 prys hy hierdie vrou wat alles in haar vermoë doen om haar familie te versorg. Sy werk hard om haar huis en haar familie in orde te hou. Verse 16, 18, 24 en 25 vertel dat sy so ‘n goeie besigheidsvrou is dat sy ook sprankel met ‘n tuisbedryf, wat addisionele inkomste vir haar gesin bied. Hierdie vrou se motivering is belangrik, aangesien haar besigheids-aktiwiteite nie ‘n doel op sigself was nie, maar dat die doel die middele heilig. Sy het vir haar familie voorsien, nie haar loopbaan uitgebrei of gewerk om met die bure te kompeteer nie. Haar bedryf was ondergeskik aan haar ware roeping – die rentmeesterskap teenoor haar man, kinders en huis.

Die Bybel verbied nêrens ‘n vrou om buite haar huis te werk nie, maar leer ‘n vrou wat haar prioriteite moet wees. Indien haar werk veroorsaak dat sy haar man en kinders verwaarloos, is dit verkeerd. Indien ‘n Christenvrou buite die huis kan werk en steeds ‘n liefdevolle, omgee-tuiste vir haar man en kinders kan bied, is dit heeltemal aanvaarbaar. Met hierdie beginsels in gedagte, is daar vryheid in Christus. Vrouens wat buite die huis werk, moet nie veroordeel word nie en vrouens wat fokus op rentmeesterskap van hul tuiste, moet ook nie geminag word nie. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor vrouens wat buite die huis werk?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries