settings icon
share icon
Vraag

Moet ‘n vrou haar aan haar man onderwerp?

Antwoord


Onderwerping of liewers onderdanigheid is ‘n baie belangrike aspek in die huweliks verhouding. Alreeds voor sonde die wereld binne gekom het was daar alreeds die beginsel van hoofskap (1 Timoteus 2:13). Adam was eerste geskape en daarna was Eva was geskape as sy helper Genesis 2:18-20). Met die skepping, terwyl daar nog geen sonde was nie, was daar geen gesag (outoriteit) vir man om aan gehoorsaam te wees nie, natuurlik buiten die outoriteit van God. Toe Adam en Eva ongehoorsaam was aan God het sonde die wereld binne gedring en was daar toe gesag nodig. God het toe gesag ingestel sodat die wette van die land nagekom kan word en sodat ons beskerm kan word (teen Satan). Ons moet onsself aan God onderwerp want dit is die enigste manier is om gehoorsaam aan God te wees (Jakobus 1:21; 4:7). In 1 Korintiers 11:2-3 vind ons dat die man hom aan Christus se gesag moet onderwerp net soos Jesus Homself aan God onderwerp. Hierdie verse verduidelik dat die vrou Jesus se voorbeeld moet volg en haar aan haar man moet onderwerp.

Onderdanigheid is ‘n natuurlike reaksie van ‘n liefdevolle leierskap. Wanneer ‘n man sy vrou lief het soos Christus Sy kerk lief het (Effesiers 5:25-33) dan is onderdanigheid ‘n natuurlike reaksie van die vrou tot haar man. Die Griekse woord vir “onderdanig” is hupotasso en is ‘n werkwoord. Dit beteken dat onderdanigheid aan God, die regering, die man nie net ‘n eenmalige aksie is nie maar wel ‘n voortdurende houding en ‘n lewenspatroon wat gevolg word. Die onderdanigheid wat in Effesiers 5 van gepraat word is nie ‘n eensydige subjektiewe aksie van ‘n gelowige tot ‘n domineerende persoon nie.

Bybelse onderdanigheid is ontwerp vir twee geesgevulde gelowiges om in ‘n wedersydse verhouding teenoor mekaar asook teenoor God te kan lewe. Onderdanigheid is dus ‘n twee-rigting verhouding. Wanneer daar aan ‘n vrou liefde getoon word soos wat Christus aan die kerk liefde betoon, dan is onderdanigheid nie moeilik nie. Effesiers 5:24 vertel ons, “Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees”. Hierdie vers vertel ons dat die vrou haar moet onderwerp aan haar man in alles wat reg en wetlik is. Maar ons moet onthou dat die vrou onder geen omstandighede verplig word om ongehoorsaam te wees aan God se wette nie.

Matthew Henry het geskryf, “Die vrou was uit Adam se sy geskep. Sy was nie uit sy kop geskep om oor hom te heers nie, sy was ook nie uit sy voete geskep sodat hy op haar kan trap nie, maar sy was wel geskep uit sy sy sodat daar gelykheid kan wees, onder sy arm sodat sy beskerm kan word en naby sy hart sodat hy haar kan lief hê”. Gelowiges moet onderdanig aan mekaar wees uit eerbied vir Christus (Effesiers 5:21). In konteks, alles in Effesiers 5:19-33 is die resultaat van Gees vervulling (om met die Gees gevul te wees). Gees vervulde gelowiges loof (5:19), is dankbaar (5:20) en onderdanig (5:21). Paulus vertel dan in hierdie verse dat ons ‘n Gees gevulde lewe moet lei en dit is van toepassing op die vrou sowel as op die man (5:22-33). Die vrou moet haar aan haar man onderwerp, nie omdat sy die mindere is nie, maar omdat dit is hoe God die verhouding tussen man en vrou wil hê. Om onderdanig te wees beteken geensins om iemand se “vloerlap” te wees die. Dit beteken wel dat deur die hulp van die Heilige Gees, sal die vrou haarself onderwerp aan haar man en haar man sal sy liefde aan haar offer.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Moet ‘n vrou haar aan haar man onderwerp?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries