Moet Christene aanhoudend vir vergifnis van hul sonde vra?




Vraag: "Moet Christene aanhoudend vir vergifnis van hul sonde vra?"

Antwoord:
Dikwels word die vraag gevra, “wat gebeur as ek sondig en ek sterf voordat ek die geleentheid gehad het om my sonde voor God te bely?” ‘n Ander algemene vraag is, “wat gebeur as ek ‘n sonde pleeg, maar daarvan vergeet en nooit onthou om dit voor God te bely nie?” Albei hierdie vrae berus op ‘n foutiewe opvatting. Redding is nie ‘n saak van gelowiges wat prober om te bely en berou te hê oor elke sonde wat hulle pleeg voordat hul sterwe nie. Redding is nie gebaseer op die opvatting dat ‘n Christen elke sonde moet bely of berou getoon het of nie. Ja, ons moet wel ons sonde voor God bely, so gou as ons dit besef, maar ons hoef egter nie gedurig vir God vir vergifnis te vra nie. Wanneer ons ons geloof in Jesus Christus stel om gered te word, is AL ons sondes vergewe. Dit sluit die verlede, hede en toekoms in, klein of groot. Gelowiges het nie nodig om aanhoudend vir vergifnis van sonde te vra of berou te toon, sodat hul sondes vergewe kan word nie. Jesus het gesterf om die boete te betaal vir al ons sondes en wanneer hul vergewe is, is hul vergewe (Kol 1:14, Hand 10:43).

Wat ons moet doen, is om ons sondes te bely: ”Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid” (1 Joh 1:9). Hierdie vers vertel ons dat ons ons sondes voor God moet “bely”. “Bely” beteken “om saam te stem met”. Wanneer ons ons sondes bely, stem ons saam met God dat ons verkeerd was en gesondig het. God vergewe ons, deur middel van belydenis, op ‘n deurlopende basis, as gevolg van die feit dat Hy “ getrou en regverdig” is. Hoe is God getrou en regverdig? Hy is getrou deur ons sondes te vergewe en dit het Hy belowe aan almal wat Christus as Verlosser aangeneem het. Hy is regverdig, deur Christus se boetedoening vir ons sondes te aanvaar, deur erkenning te gee dat daar reeds vir die sondes versoening gebring is.

Terselfdertyd lees ons in 1 Joh 1:9 dat, op een of ander manier, vergewing afhanklik is van ons belydenis van sondes voor God. Hoe werk dit dan as al ons sondes reeds vergewe is, die oomblik toe ons vir Christus as Verlosser aangeneem het? Dit wil voorkom asof die apostel Johannes hier praat van “verwante” vergifnis. Al ons sondes is “posisioneel” vergewe, die oomblik toe ons Christus as Verlosser aanvaar het. Hierdie posisionele vergifnis waarborg ons redding en beloof aan ons ‘n ewige woning in die hemel. Wanneer ons na ons sterwe voor God staan, sal God nie weens ons sonde vir ons toegang tot die hemel weier nie. Dit is posisionele vergifnis. Die konsep van “verwante” vergifnis is gebaseer op die feit dat as ons sondig, ons God beledig en Sy Gees bedroef (Ef 4:30). Terwyl God beslis ons sonde vergewe het, ontstaan daar nog steeds ‘n blokkasie of hindernis in ons verhouding met God. ‘n Jong seun wat teen sy pa oortree, word nie uit die familie geban nie. ‘n Goddelike pa sal sy kinders onvoorwaardelik vergewe. Terselfdertyd sal ‘n goeie verhouding tussen pa en seun nie sommer weer kan voortgtaan nie, voordat die verhouding nie herstel is nie. Dit kan slegs gebeur as die kind sy foute bely en vir sy pa om verskoning vra. Dit is waarom ons ons sondes voor God moet bely – nie om ons redding te behou nie, maar om weer terug te kom in ‘n innige vriendskap met dié God wat ons liefhet en ons alreeds vergewe het.


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Moet Christene aanhoudend vir vergifnis van hul sonde vra?