settings icon
share icon
Vraag

Is ‘n gelowige veronderstel om die vermoë te besit, om die teenwoordigheid van die Heilige Gees te kan voel?

Antwoord


Alhoewel daar sprake in sekere bedieinge is, dat daar ten opsigte van die Heilige Gees ‘n gevoel betrokke is, soos die oortuiging van sonde, ontspanne gevoel en bekragtiging, verwys die Skrif nie na enige gevoel in ons verhouding met die Heilige Gees nie. Elke wedergebore gelowige het die inwonende Heilige Gees. Jesus het vertel dat wanneer die Trooster kom, Hy mét ons en in ons sal wees. “Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle ‘n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die Waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.” (Joh 14:16-17). Met ander woorde, Jesus stuur Een soos Hyself om mét ons en in ons te wees.

Ons weet dat die Heilige Gees met ons is, omdat die Woord van God dit vir ons vertel. Elke wedergebore gelowige besit die Heilige Gees, maar nie elke gelowige word deur die Heilige Gees beheer nie en daar is ‘n duidelike verskil. Wanneer ons vanuit die vlees lewe, is ons nie onder beheer van die Heilige Gees nie, alhoewel Hy in ons woon. Die apostel Paulus lewer kommentaar op hierdie waarheid en hy gebruik ‘n illustrasie om ons te help om dit te verstaan. “Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul” (Ef 5:18). Baie mense lees hierdie vers met die gedagte dat die apostel Paulus dit hier teen wyn het. Tog staan dit geskryf in die konteks van die lewenspad en die stryd van die Geesvervulde gelowige. Dus is daar iets meer wat bedoel word, as net bloot om te veel wyn te drink.

Wanneer mense dronk word van te veel wyn, ontwikkel hulle sekere eienskappe: hulle raak lomp, hul spraak is slordig en hul oordeel is aangetas. Die apostel Paulus maak hier ‘n vergelyking. Netsoos daar sekere eienskappe is wat iemand wat dronk is, identifiseer, so behoort daar ook sekere eienskappe te wees, wat iemand wat deur die Heilige Gees beheer word, te identifiseer. Ons lees in Gal 5:22-24 van die vrug van die Gees. Dit is die Heilige Gees se vrug en dit word uitgestraal deur ‘n wedergebore gelowige, wat onder Sy beheer is.

Die werkwoord in Ef 5:18 dui aan dat dit ‘n aanhoudende proses van “laat die Gees julle vervul” is. Aangesien dit ‘n aanmaning is, kan dit dus ook gebeur om nie met die Gees vervul te wees of beheer te word nie. Die res van Ef 5 noem die eienskappe van ‘n Geesvervulde gelowige: “en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here. Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus. Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig (Ef 5:19-21).

Ons is nie met die Gees vervul, omdat ons so voel nie, maar dit is die voorreg en geskenk van die Christen. Om met die Gees vervul of beheer te wees, is die gevolg van gehoorsaamheid aan die Here. Dit is ‘n geskenk van genade en nie ‘n emosionele gevoel nie. Emosies kan en sal ons mislei en ons kan onsself opwerk in ‘n emosionele waansinnigheid, wat suiwer vanaf die vlees kom en nie die Heilige Gees nie. “Wat ek bedoel, is dit: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie…Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal” (Gal 5:16,25).

Ons kan egter nie ontken dat daaar tye is wanneer ons deur die teenwoordigheid en krag van die Gees oorweldig word nie en dit is dikwels ‘n emosionele gebeurtenis. Wanneer so iets gebeur, is dit ‘n eindelose vreugde. Koning Dawid het met “volle oorgawe voor die Here gedans” (2 Sam 6:14), toe hulle die Verbondsark na Jesrusalrm gebring het. Om vreugde deur die Gees te ervaar, beteken dat ons as kinders van God deur Sy genade geseën word. Dus, die bedieninge van die Heilige Gees kan ons gevoelens en emosies beïnvloed, maar terselfdertyd moet ons nie die waarborg van die vervulling van die Heilige Gees baseer op ons gevoelens nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is ‘n gelowige veronderstel om die vermoë te besit, om die teenwoordigheid van die Heilige Gees te kan voel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries