settings icon
share icon
Vraag

Wat is die verskil tussen ‘n talent en ‘n geestelike gawe?

Antwoord


Daar is ooreenkomste en verskille tussen talente en geestelikee gawes. Beide is gawes wat van God ontvang word. Beide groei in effektiwiteit, algaande dit gebruik word. Beide is veronderstel om ten bate van ander mense gebruik te word en nie om selfsugtige redes nie. 1 Kor 12:7 sê dat geestelike gawes gegee word om ander te bevoordeel, nie onsself nie. Soos die twee groot gebooie verwys na liefde vir God en ons naaste, so moet ons ook ons talente vir daardie doeleindes aanwend. Aan wie en wanneer talente en geestelike gawes gegee word, verskil egter. Iemand (ongeag of hy in God of in Christus glo) ontvang ‘n natuurlike talent, as gevolg van ‘n kombinasie van genetika (sommige is musikaal, kunstig of wiskundig aangelê) en omgewing (groei op in ‘n musikale familie en ontwikkel ‘n talent vir musiek) of omdat God sekere individue met sekere talente toerus, bv. Besaleël in Ex 31:1-6). Geestelike gawes word aan alle gelowiges deur die Heilige Gees (Rom 12:3,6) gegee, sodra hulle tot geloof in Christus kom en die vergifnis van hul sonde aanvaar. Op daardie oomblik gee die Heilige Gees aan die nuwe gelowige die geestelike gawe(s) wat Hy vir daardie person in gedagte het (1 Kor 12:11).

Rom 12:3-8 gee ‘n lys van geestelike gawes: profesie, diens aan ander (in die algemeen), onderrig, bemoediging, vrygewigheid, leierskap en om barmhartigheid te betoon (genade). 1 Kor 12:8-11 praat van gawes, soos ‘n woord van wysheid (die vermoë om met geestelike wysheid te praat), ‘n woord van kennis (die vermoë om waarheid in die praktiese lewe oor te dra), geloof (ongewone vertroue in God), om wonderwerke te laat plaasvind, profesie, om geeste te onderskei, praat in tale (die vermoë om in ‘n taal te praat, wat so iemand nie aangeleer het nie) en die uitlê van wat in tale gespreek is. Die derde groep kry ons in Ef 4:10-12, waar daar verwys word na apostels, profete, evangeliste, herders en leraars, wat God vir Sy kerk gee. Daar ontstaan ook die vraag van hoeveel geestelike gawes daar is, omdat die lyste van mekaar verskil. Dit is ook moontlik dat die lyste in die Bybel nie volledig is nie en dat daar nog addisionele geestelike gawes bestaan.

Soos ‘n person sy talente ontwikkel en later sy beroep of stokperdjie in daardie rigting vind, so het die Heilige Gees geestelike gawes vir die opbou van Christus se kerk gegee. Dus moet alle Christene aktief deelneem aan die verdere uitdra van die Evangelie van Christus. Almal is geroep en toegerus om betrokke te wees ” in die diens en vir die opbou van die liggaam van Christus” (Ef 4:12). Almal het gawes ontvang, sodat hulle in dankbaarheid kan bydra vir wat Christus vir hulle gedoen het. Deur dit te doen, vind hul ook vervulling in die lewe, deur hul diens, in Christus. Dit is die werk van die kerkleiers om die heiliges vir die dienswerk waartoe God hul geroep het, verder toe te rus. Die uiteindelike bedoeling van geestelike gawes is dat die kerk as ‘n eenheid kan groei, as gevolg van die gesamentlike bydrae van elke lid, as deel van die liggaam van Christus.

Opsommenderwys lyk die verskil tussen geestelike gawes en talente dan so: 1) ‘n Talent spruit voort uit genetika en/of opleiding (oefening), terwyl ‘n geestelike gawe deur die krag van die Heilige Gees geskenk word. 2) ‘n Talent kan deur enigiemand besit word, Christen of nie-Christen, terwyl geestelike gawes slegs aan Christene geskenk word. 3) Angesien beide talente en geestelike gawes tot eer van God gebruik moet word, is geestelike gawes meer op laasgenoemde gefokus en dus ook om ander te bedien, terwyl talente weer heeltemal vir nie-geestelike doeleindes gebruik kan word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die verskil tussen ‘n talent en ‘n geestelike gawe?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries