settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel omtrent veelrassige huwelike?

Antwoord


Die Ou-Testamentiese wet het die Israeliete beveel om hulself nie te verbind in ‘n veelrassige huwelik nie, (Deuteronomium 7:3-4). Die rede hiervoor is dat die Israeliete van God af weggerokkel sou word indien hul sou ondertrou met afgodsaanbidders, paganiste, of heidene. ’n Sootgelyke begrip word in die Nuwe Testament uitgelê, maar op ‘n heeltemal verskillende vlak, “Moenie in dieselfde juk trek saam met die ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?” (2 Korinthiërs 6:14). Op presies dieselfde wyse as wat die Israeliete (dienaars van die enigste ware God) beveel is om nie met ongelowiges te trou nie, word Christene (dienaars van die enigste ware God), beveel om nie met ongelowiges te trou nie. Om hierdie vraag meer spesifiek te antwoord: nee, die Bybel sê nie dat veelrassige huwelike verkeerd is nie.

Geen persoon behoort volgens sy karakter of sy velkleur beoordeel te word nie. Almal van ons behoort versigtig te wees om nie voortrekkery te betoon ten opsigte van sommige mense nie, terwyl ons dan terselfdertyd bevooroordeeld of rassisties is ten opsigte van sekere andere nie, (Jakobus 2:1-10, sien veral Jakobus 2:1,9). ‘n Christen man of vrou se standaard ten opsigte van die selektering van ‘n maat, behoort altyd daarop gerig te wees om uit te vind of die persoon waarin hulle geïnteresseerd is, ‘n Christen is of nie (2 Korinthiërs 6:14) en of dit iemand is wat wedergebore is deur geloof in Jesus Christus (Johannes 3:3-5). Geloof in Christus en nie velkleur nie, is die Bybelse standaard vir die keuse van ‘n lewensmaat. Veelrassige huwelike is nie ‘n kwerssie van reg of verkeerd nie, maar van wysheid, insig en gebed.

Die enigste rede waarom veelrassige huwelike ernstig oorweeg moet word, is omdat sommige van die probleme wat die gemengde paartjie mag ervaar, verband hou met die feit dat die ander sukkel om hulle te aanvaar. Talle veelrassige paartjies ervaar diskriminasie en spot, somtyds selfs uit die geledere van hulle eie families. Sommige veelrassige paartjies ervaar probleme wanneer hulle kinders verskillende kleurskakerings of nuanses as dié van hulle ouers en/of bloedverwante mag openbaar. Menige veelrassige paartjie behoort al hierdie dinge in oorweging te neem en daarop voorbereid te wees, indien hul sou besluit om te trou. Nietemin, is dit weer eens nodig om te beklemtoon dat die enigste Bybelse beperking wat geplaas word ten opsigte van ‘n Christen vir sover dit die huwelik aangaan, geleë is in die feit of die ander persoon ‘n lid van die liggaam van Christus is of nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel omtrent veelrassige huwelike?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries