settings icon
share icon
Vraag

Is universalisme / universele verlossing Bybels?

Antwoord


Universalisme is die geloof dat almal gered gaan word. Daar is baie mense vandag wat vashou aan universele (algemene) verlossing en wat glo dat alle mense uiteindelik hemel toe sal gaan. Miskien is dit die gedagte aan mans en vroue wat ‘n lewe van ewige foltering in die hel deurbring wat veroorsaak dat sommige die onderrig van die Skrif oor hierdie onderwerp verwerp. Vir sommige is dit ‘n oorbeklemtoning van die liefde en barmhartigheid van God – en die versuim van die regverdigheid en geregtigheid van God – wat hulle lei om te glo dat God genade sal betoon aan elke lewende siel. Maar die Skrif leer wel dat sommige mense die ewigheid in die hel sal deurbring.

Eerstens, die Bybel is duidelik dat ongereddes vir ewig in die hel sal deurbring. Jesus se eie woorde bevestig dat die tyd wat die verlostes in die hemel sal deurbring net so lank sal wees as die van die ongereddes in die hel. Mattheus 25:46 sê, “En hulle (die ongereddes) sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.” Volgens hierdie vers is die straf van die ongereddes net so ewig as die lewe van die regverdiges. Sommige glo dat diegene in die hel eindelik sal ophou bestaan, maar die Here Homself bevestig dat dit vir ewig sal duur. Mattheus 25:41 en Markus 9:44 beskryf hel as “ewige vuur” en “onuitblusbare vuur.”

Hoe vermy mens hierdie onuitblusbare vuur? Baie mense glo dat alle paaie – alle godsdienste en gelowe – na die hemel lei, of hulle meen dat God so vol liefde en genade is dat Hy alle mense in die hemel sal toelaat. God is verseker vol liefde en genade; dit was hierdie kwaliteite wat daartoe gelei het dat Hy Sy Seun, Jesus Christus, aarde toe gestuur het om aan die kruis vir ons te sterf. Jesus Christus is die enigste deurgang wat na ‘n ewigheid in die hemel lei. Handelinge 4:12 sê, “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.” “Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus” (1 Timotheus 2:5). In Johannes 14:6, sê Jesus, “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” Johannes 3:16, “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” As ons verkies om God se Seun te verwerp, voldoen ons nie aan die vereistes vir verlossing nie (Johannes 3:16, 18, 36).

Met verse soos hierdie, word dit duidelik dat universalisme en universele verlossing onBybelse menings is. Universalisme weerspreek direk wat die Skrif leer. Terwyl baie mense Christene beskuldig van onverdraagsaamheid en “eksklusief,” is dit belangrik om te onthou dat hierdie die woorde is van Christus Homself. Christene het nie hierdie begrippe self ontwikkel nie; Christene dra eenvoudig oor wat die Here reeds gesê het. Mense kies om die boodskap te verwerp omdat hulle nie hulle sonde wil bely en erken dat hulle die Here nodig het om hulle te red nie. Om te sê dat diegene wat God se gawe van verlossing deur Sy Seun verwerp, gered sal word is om die heiligheid en regverdigheid van God gering te skat en die nodigheid van Jesus se offer om ons ontwil te verloën.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is universalisme / universele verlossing Bybels?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries