settings icon
share icon
Vraag

Hoe jonk is te jonk om in ‘n romantiese verhouding te wees?

Antwoord


Hoe jonk is “te jonk” om ’n verhouding te begin? Dit hang van die individu se volwassenheid, doelstellings en geloof af Dikwels is dit so dat hoe jonger ons is, hoe minder volwasse is ons, as gevolg van te min lewenservaring. Wanneer ons net begin ontdek wie ons werklik is, is ons dalk nie geestelik standvastig genoeg om vaste romantiese verbindinge te maak nie en is meer daartoe geneig om onwyse besluite te neem, wat emosionele, fisiese, psigologiese en geestelike skade kan aanrig.

Om in ‘n verhouding te wees, plaas ‘n mens byna in aanhoudende versoeking, veral as emosies begin ontwikkel en die aangetrokkenheid teenoor die ander persoon verdiep. Jong tieners – selfs ouer tieners – is onder hormonale en sosiale druk, wat soms feitlik by tye ondraaglik word. Elke dag bring nuwe gevoelens – twyfel, vrese en verwarring, in samehang met vreugde en opgewektheid – wat baie verwarrend kan wees. Jong mense spandeer baie tyd daaraan om uit te vind wie hulle is en hoe hulle in verhouding tot die wêreld en die mense rondom hulle staan. Om die druk van ‘n verhouding ook nog op hulle te plaas, is te dalk net te veel gevra, veral as die ander persoon dieselfde omwenteling beleef. Sulke vroeë verhoudings maak dit nog moeiliker om skade aan die delikate selfbeeld, wat nog besig is om gevorm te word, te verhoed. Om nie eers te praat van die probleem om versoekings te weerstaan nie. As die trougedagte nog ver in die toekoms lê, is dit skynbaar te vroeg vir ‘n romantiese vriendskap. Groepsaktiwiteite is ‘n baie veiliger opsie, waar jong mense sosiale gewoontes en vriendskappe kan ontwikkel, sonder die druk en inherente probleme van romantiese verhoudinge.

Dit maak nie saak wanneer ‘n persoon besluit om ‘n romantiese verhouding te begin nie, maar dit moet die regte tyd wees, sodat op die fondament van geloof gebou kan word, waarin hy/sy onderrig is, om sodoende uit te vind wat God wil dat hy/sy moet doen. Ons is nooit te jonk om hierdie opwindende proses te begin nie. “Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees jy vir die gelowiges ‘n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid” (1 Tim 4:12).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe jonk is te jonk om in ‘n romantiese verhouding te wees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries