settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel omtrent tatoeëermerke / liggaamsinsnydings?

Antwoord


Die Ou Testamentiese wet het die Israeliete beveel, “Julle mag ook ter wille van ‘n dooie geen snye in julle vlees maak nie en enige ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die HERE” (Levitikus 19:28). Selfs al is die gelowiges van vandag nie meer onder die Ou Testamentiese wet nie (Romeine 10:4; Galasiërs 3:23-25; Efesiërs 2:15), behoort die feit dat daar eens op ‘n tyd wel ‘n bevel teen die aanwending van tatoeëermerke uitgevaardig was, nie deur ons bevraagteken te word nie. Die Nuwe Testament gee geen aanduiding of ‘n dit geoorloof is vir ‘n gelowige om ‘n tatoeëermerk te dra of nie.

Wat die aanbring van tatoeëermerke en liggaamsinsnydings aanbetref, sou ‘n ‘n goeie toets wees om te bepaal of ons eerlik en met ‘n goeie gewete vir God kan vra om hierdie spesifieke aktiwiteit te seën vir sy eie goeie doelwitte. “Of julle dan eet of drink of enigeiets doen, doen alles tot verheerliking van God” (I Korinthiërs 10:31). Alhoewel die Bybel nie enige bevel teen die aanwending van tatoeëermerke uitvaardig nie, gee dit ons ook nie enige rede om te glo dat God sou wou hê dat ons tatoeëermerke of liggaamsinsnydings moet aanbring nie.

‘n Tweede kwessie wat ons moet akkommodeer is dié van beskeidenheid. Die Bybel gee ons opdrag om onsself behoorlik te klee (1 Timótheüs 2:9). Een aspek van behoorlike kleding is om seker te maak dat alles wat deur kleding bedek moet word, behoorlik bedek is. Die mees inherente betekenis van beskeidenheid is om nie te veel aandag op jouself te vestig nie. Tatoeëermerke en liggaamsinsnydings daarenteen, trek definitief aandag. In hierdie opsig kan tatoeëermerke en liggaamsinsnydings dus nie as beskeie geïnterpreteer word nie.

‘n Belangrike Skriftuurlike beginsel omtrent kwessies wat die Bybel nie spesifiek aanspreek nie, is of daar enige ruimte vir twyfel in dié opsig is en of dit God plesier of nie. Indien daar wel enige twyfel bestaan, is dit maar die beste om nie in hierdie aktiwiteit betrokke te raak nie. "En alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde" (Romeine 14:23). Ons moet onthou dat ons liggame sowel as ons siele, vrygekoop is deur God. Alhoewel 1 Korinthiërs 6:19-20 nie direk beswaar maak teen die aanwending van tatoeëermerke of liggaamsinsnydings nie, gee dit wel vir ons ‘n sekere beginsel, “Wat? Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.” Hierdie groot waarheid behoort ‘n groot invloed te hê op wat ons doen en waarheen ons met ons liggame op pad is. Indien ons liggame aan God behoort, moet ons seker maak dat ons sy duidelike “toestemming” het, voordat ons dit “opgradeer” met tatoeëermerke of liggaamsinsnydings.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel omtrent tatoeëermerke / liggaamsinsnydings?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries