settings icon
share icon
Vraag

Hoe werk God se soewereiniteit en mens se vrye wil saam in redding?

Antwoord


Dit is vir ons onmoontlik om die verhouding tussen God se soewereiniteit en mens se vrye wil en verantwoordelikheid, te kan verstaan. Net God alleen weet hoe hierdie twee aspekte saamwerk met Sy reddings plan. Meer as enige ander leerstelling is dit belangrik om te erken dat dit buite ons vermoë is om hierdie aspek te verstaan. Enige poging om een van hierdie twee stand punte te ondersteun sal net lei tot ‘n verdraaiing van redding.

Die Bybel is duidelik dat God weet wie gered gaan word (Romeine 8:29; 1 Petrus 1:2). Efesiërs 1:4 sê vir ons dat God gekies het voor die wereld ontstaan het. Die Bybel toon in baie plekke aan dat gelowiges “geskies” word (Romeine 8:33; 11:5; Efesiërs 1:11; Kolossense 3:12; 1 Tessalonisense 1:4; 1 Petrus 1:2; 2:9) en dat daar “uitverkorenes” is (Matteus 24:22; Markus 13:20, 27; Romeine 11:7; 1 Timoteus 5:21; 2 Timoteus 2:10; Titus 1:1; 1 Petrus 1:1). Die feit dat gelowiges vooraf bepaal is (Romeine 8:29-30; Efesiërs 1:5,11), en uitverkies word (Romeine 9:11; 11:28; 2 Petrus 1:10), tot redding is baie duidelik.

Die Bybel sê ook dat dit ons verantwoordelik is om Jesus te aanvaar as ons Saligmaker en dat almal wat in Jesus Christus glo gered sal word (Johannes 3:16; Romeine 10:9-10). God weet wie gered sal word, God kies wie gered sal word, en dit is ons verantwoordelikheid om Christus te kies en sodoende gered te word. Hoe hierdie drie aspekte saamwerk is bo ons vuurmaak plek en buite ons verstandelike vermoë om dit te kan verstaan (Romeine 11:33-36). Ons verantwoordelikheid is om die boodskap deur die hele wereld te verspei (Matteus 28:18-20; Handelinge 1:8). Ons moet die voorafwete en die uitverkiesing gedeelte maar aan God oorlaat en gehoor gee aan ons opdrag om die boodskap te versprei.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe werk God se soewereiniteit en mens se vrye wil saam in redding?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries