settings icon
share icon
Vraag

Hoekom is daar so baie godsdienste? Lei alle godsdienste na God toe?

Antwoord


Die bestaan van so baie godsdienste en die bewering dat alle godsdienste na God lei, is sonder twyfel verwarrend vir baie wat ernstig na die waarheid oor God soek, met die eindresultaat soms dat party mense mismoedig raak oor die ontdekking van die absolute waarheid, rakende dié onderwerp. Wat ook gebeur, hulle hang later die universele aanspraak aan, dat alle godsdienste na God lei. Dit is ook so, dat skeptici ook vingerwys na die ontstaan van so baie godsdienste, as bewys dat óf jy kan nie God ken nie óf dat God eenvoudig net nie bestaan nie.

Rom 1:19-21 bevat die Bybelse verduideliking waarom daar so baie godsdienste bestaan. Die waarheid oor God word gesien en geken deur elke menslike wese, omdat God hom/haar so gemaak het. In plaas van om die waarheid oor God te aanvaar en hom daaraan te onderwerp, verwerp die meeste mense dit en soek hul eie manier om God te verstaan. Dit lei nie tot verligting oor God nie, maar tot nutteloosheid van denke. Dit is hier waar ons die basis van die “baie godsdienste” vind.

Baie mense glo nie in ‘n God wat regverdigheid en moraliteit vereis nie, dus bedink hulle ‘n God wat geen sulke vereistes het nie. Baie mense wil nie in ‘n God glo wat beweer dat dit onmoontlik is vir mense om hul eie weg na die hemel te verdien nie. Dus bedink hulle ‘n God wat mense in die hemel aanvaar, indien hulle sekere stappe voltooi het, sekere reëls, en/of sekere wette gehoorsaam het, ten minste na die beste van hul vermoëns. Baie mense wil nie ‘n verhouding met ‘n soewereine en alomteenwoordige God hê nie. Dus stel hulle hul ‘n God voor, wat meer van ‘n mistieke krag besit as ‘n persoonlike en soewereine regeerder.

Die bestaan van so baie godsdienste is nie ‘n argument teen God se bestaan nie of ‘n argument dat die waarheid oor God nie duidelik is nie, maar eerder ‘n demonstrasie van die mensdom se ontkenning van die een ware God. Die mensdom het Hom vervang met gode waarvan hulle meer hou. Dit is ‘n gevaarlike waagstuk. Die begeerte om God te herskep in ons eie beeld, kom van die sondige natuur binne-in ons – ‘n natuur wat uiteindelik verwoesting sal oes (Gal 6:7-8).

Lei alle godsdienste na God toe? Eintlik is dit so, want almal, behalwe een, lei tot Sy straf. Net een – Die Christelike geloof – lei tot Sy vergifnis en ewige lewe. Maak nie saak watter godsdiens ‘n mens aanhang nie, elkeen sal God na die dood ontmoet (Heb 9:27). Alle godsdienste lei na God toe, maar net een sal uitloop op God se aanvaarding, omdat net deur Sy verlossing uit genade deur geloof in Jesus Christus, kan enigeen met vertroue na Hom toe gaan. Die besluit om die waarheid oor God aan te hang, is belangrik as gevolg van ‘n eenvoudige rede: die ewigheid is ‘n verskriklike lang tyd om verkeerd te kies. Dit is waarom dit so krities belangrik is om reg oor God te dink.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom is daar so baie godsdienste? Lei alle godsdienste na God toe?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries