settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel in verband met sieleslaap?

Antwoord


“Sieleslaap” is ‘n geloof dat, nadat ‘n persoon dood is, sy/haar siel “slaap” tot die opstanding en finale oordeel. Die konsep van “sieleslaap” is nie Bybels nie. Wanneer die Bybel beskryf dat ‘n persoon “slaap” met betrekking tot die dood (Luk 8:52; 1 Kor 15:6), beteken dit nie letterlik slaap nie. Om te slaap is net ‘n manier om die dood te beskryf, omdat ‘n dooie liggaam voorkom asof dit slaap. Die oomblik as ons sterf, staan ons voor die oordeel van God (Heb 9:27). Vir gelowiges beteken dit, om van die liggaam afwesig te wees en om by die Here te wees (2 Kor 5:6-8; Fil 1:23). Vir ongelowiges beteken die dood ewigdurende straf in die hel (Luk 16:22-23).

Tot die finale oordeel, is tog daar ‘n tydelike hemel – paradys (Luk 23:43; 2 Kor 12:4) en ‘n tydelike hel – Hades (Open 1:18; 20:13-14). Soos duidelik gesien word in Luk 16:19-31, is daar nie in die paradys of in Hades mense wat slaap nie. Daar kan gesê word dat, alhoewel ‘n persoon se liggaam “slaap”, sy siel in die paradys of Hades is. Met die opstanding word die liggaam “wakker gemaak” en verander in ‘n ewige liggaam, wat ‘n persoon tot in ewigheid sal hê, of dit in die Hemel of in die hel is. Diegene wat in die paradys was, sal na die nuwe Hemel en aarde toe gestuur word (Open 21:1). Diegene wat in Hades was, sal in die vuurpoel gegooi word (Open 20:11-15). Hierdie is die finale, ewige bestemmings vir alle mense – ten volle gebaseer daarop, of iemand in Jesus Christus geglo het vir verlossing, of nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel in verband met sieleslaap?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries