settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Christen se siening van rook?

Antwoord


Nêrens in die Bybel word rook bespreek nie, maar daar is wel beginsels wat toepassing het op rook. Eerstens die Bybel vertel ons, dat ons nie iets moet toelaat om ons liggaam te beheer nie. “Alles is my geoorloof, sê hulle. Ja maar ek gaan my nie deur enigiets laat verslaaf nie” (1 Korinthiërs 6:12). Rook is defnitief verslawend. Later in hierdie Bybel gedeelte word ons vertel, “Of besef julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie. Julle het die Heilige Gees wat in julle woon, van God ontvang, en julle nehoort nie aan julleself nie: julle is gekoop en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik (1 Korinthiërs 6:19-20). Rook is nie goed vir ons gesondheid nie. Dit is bewys dat rook die longe en hart beskadig.

Kan rook as voordelig bestempel word (1 Korinthiërs 6:12)? Kan dit moontlik wees dat ons God eerbiedig indien ons rook (1 Korinthiërs 6:20)? Kan iemand rook “vir die glorie” van God (1 Korinthiërs 6:31)? Ons glo dat die antwoord op hierdie drie vrae, nee is. Daarom glo ons dat rook is ‘n sonde en hoort dit nie by Christene nie.

Party mense sal argumenteer dat ander dan ongesonde kos eet wat net so verslawend vir die liggaam is. Soos byvoorbeeld mense wat verslaaf is aan kaffien en nie funksioneer indien hulle, hul oggend koffie gehad het nie. Alhoewel hierdie korrek is, verskoon dit nie rook nie. Dit is ons verstaan dat rook of ooreet vermy moet word. Ja, daar is Christene wat net die een sonde raak sien en dan ander mense veroordeel vir soortgelyke sonde, wat verkeerd is. Rook kan geensins vir God eerbiedig nie.

Ander sieninge is dat daar godvresende mans is wat wel rook, soos byvoorbeeld die gesiene pastoor C.H. Spurgeon wat bekend was om sigare te rook. Weereens hou ons by die argument dat rook verkeerd is, Spurgeon was verkeerd om te rook. Was hy andersins ‘n godvresende man, ja en was hy ‘n fantastiese prediker, ja beslis! Maak dit sy aksies reg, nee geensins nie.

Alhoewel ons dit stel dat rook sonde is, sê ons glad nie dat rokers nie gered is nie. Daar is baie opregte gelowiges wat wel rook. Rook sal nie verhoed dat iemand nie gered sal word nie. Net so kan iemand nie hul redding verloor deur te rook nie. Rook kan net so vergewe word soos enige ander sonde, of dit nou iemand is wat rook en later na God kom, of wat rook en hierdie sonde aan God bely (1 Johannes 1:9). Ons glo dat rook vermy moet word en ons moet weet dat met God se hulp daarvan afgesien sal kan word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Christen se siening van rook?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries