settings icon
share icon
Vraag

Wat vertel die Bybel ons van pornografie?

Antwoord


Die meese versoeke op Internet is vir pornografie. Pornografie is vandag in baie groot aanvraag. Meer as enige iets anders is dit met pornografie waar Satan suksesvol is en het hy dit reggekry om seks te verdraai en daardeur mense te verlei. Hy het dit wat goed is (seks tussen man en vrou) geneem en dit vervang met lustigheid, owerspel, verkragting en homoseksualiteit. Pornografie is heel moontlik die begin van al die toenemende losbandigheid en sedeloosheid (Romeine 6:19). Dit is ‘n ongetwyfelde feit dat pornografie verslawend is. Net soos dwelm verslaafde meer en meer, sterker en sterker dwelms benodig verval die pornografie verslaafde ook al hoe dieper in hierdie seksuele verslawing en ongoddelike behoefte.

Die hoof drie kategorieë van sonde is, die lustigheid van die vlees, die lustigheid van die oë en trots van lewe (1 Johannes 2:16). Pornografie verseker dat iemand die vlees najaag en bring lustigheid vir die oë. Pornografie kwalifiseer beslis nie aan iets wat ons moet dink nie, soos die voorbeelde wat vir ons in Filippense 4:8 genoem word. Ons moet onthou dat pornografie verslawend is (1 Korinthiërs 6:12; 2 Petrus 2:19) en dat dit mense beskadig en seer maak (Esegiel 20:30; Effesiërs 4:19). Om met lustigheid na iemand ander te kyk is ‘n sonde teenoor God (Matteus 5:28). Wanneer pornografie ‘n gewoonte is by iemand, karakteriseer dit daardie persoon en ons kan weet dat hy nie gered is nie (1 Korinthiers 6:9).

Die wat betrokke is met of in pornografie moet weet en besef dat God hulle kan verander en dat hulle ook kan help om hierdie sonde te oorwin (deur Hom). Is jy betrokke by pornografie? Hier is stappe om jou te help: 1) Bely jou sonde (1 Johannes 1:9). 2) Vra God om jou te reinig, te hernu en om jou verstand te vernuut (Romeine 12:2). 3) Vra God om jou denke te vul met Filippense 4:8. 4) Leer om jou liggaam te gebruik vir heiligmaking (1 Tessalonicense 4:3-4). 5) Verstaan die doel van seks en laat jou vrou toe om jou daarin te vervul (1 Korinthiërs 7:1-5). 6) Besef dat indien jy volgens die Gees lewe sal jy nie hunker na die vlees nie (Galasiërs 5:16). 7) Neem praktiese stappe sodat jy nie verkeerde materiaal sien nie. Installeer filters op jou rekenaar wat hierdie materiaal uitswkei en soek ‘n Christen wat vir jou kan bid en deur hierdie verslawing kan help.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat vertel die Bybel ons van pornografie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries