settings icon
share icon
Vraag

Wat is politeïsme?

Antwoord


Politeïsme is die geloof dat daar baie gode is. “Poli” is afgelei van die Griekse woord vir “baie” en “teïsme” van die Griekse woord vir “God”. Politeïsme is miskien die mees dominante teïstiese siening in die mensdom se geskiedenis. Die bekendste voorbeeld daarvan in die antieke tye is Grieks/Romeinse mitologie (Zeus, Apollo, Aphrodite, Poseidon, ens.). Die bekendste moderne voorbeeld is Hindoeïsme, wat meer as 300 miljoen gode het. Alhoewel Hindoeïsme hoofsaaklik panteïsties is, bevat dit gelowe in baie gode. Dit is interessant dat selfs in politeïstiese godsdienste, een god gewoonlik oor die ander gode regeer: Zeus in Grieks/Romeinse mitologie en Brahman in Hindoeïsme.

Sommige redeneer dat die Bybel politeïsme in die Ou Testament verkondig. Ons moet erken dat sommige gedeeltes na “gode” verwys (Eks 20:3; Deut 10:17; 13:2; Ps 82:6; Dan 2:47). Antieke Israel het ten volle verstaan dat daar net een ware God was, maar dikwels het hulle nie so gelewe nie. Hulle het oor en oor in afgodery verval en vreemde gode aanbid. Wat moet ons dus met sulke gedeeltes maak? Dit is belangrik dat die Hebreeuse word “elohim” gebruik is om te verwys na die een ware God en na valse gode/afgode. Dit het ‘n identiese funksie, wat verwys na die Engelse woord “God”.

Om iets as ‘n “god” te beskryf, beteken nie dat jy glo dat dit ‘n goddelike wese is nie. Die groot meerderheid van Ou Testamentiese gedeeltes verwys na gode as valse gode – daar word beweer dat hulle gode is, maar dit nie is nie. Hierdie konsep word in 2 Kon 19:18 saamgevat, “en hulle gode verbrand, maar dit was nie gode nie, dit was die werk van mensehande, hout en klip; daarom is hulle vernietig.” Lees Ps 82:6,7 “Ek het wel gesê: Julle is almal gode, almal met mag beklee. Maar nou, julle sal elkeen sterwe soos ‘n mens en aan julle einde kom soos enige maghebber”.

Die Bybel leer duidelik teen politeïsme. Deut 6:4 sê, “Luister Israel, die Here is ons God. Hy is die enigste Here.” Ps 96:5 verklaar, “Al die gode van die volke is niks: dit is die Here wat die hemele gemaak het.” Jak 2:19, “Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die duiwels glo dit ook – en hulle sidder van angs.” Daar is net een God. Daar is valse gode en ook dié wat voorgee dat hulle gode is, maar daar is net een God. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is politeïsme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries