settings icon
share icon
Vraag

Wat is peinsende spiritualiteit?

Antwoord


Peinsende spiritualiteit is ‘n uiters gevaarlike praktyk vir enige persoon wat begeer om ‘n Bybelse, God-gesentreerde lewe te lei. Dit word oor die algemeen geassosieer met die opkomende kerkbeweging, wat deurtrek is van valse leringe. Dit word ook gebruik deur baie verskillende groepe wat min, indien enigsins met die Christendom verband hou.

In die praktyk is peinsende spiritualiteit hoofsaaklik op meditasie gegrond, alhoewel nie meditasie met ‘n Bybelse perspektief nie. Gedeeltes soos Josua 1:8 spoor ons eintlik aan om te mediteer: “Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees.” Let op wat die fokus van meditasie behoort te wees – die Woord van God. Peinsende spiritualiteit-gedrewe meditasie fokus letterlik op niks. ‘n Beoefenaar is veronderstel om sy/haar verstand heeltemal leeg te maak en om net “te wees”. Die veronderstelling is dat dit die persoon moet help om ‘n groter spirituele ondervinding te beleef. In elk geval, ons word in die Skrif gemaan om ons verstand soos Christus s’n te vernuwe. Om ons verstand leeg te maak, is die teenoorgestelde van so ‘n aktiewe, bewustelike transformasie.

Peinsende spiritualiteit moedig ook die navolg van ‘n mistieke gebeurtenis met God aan. Mistisisme is die geloof dat kennis van God, geestelike waarheid en hoogste realiteit deur subjektiewe ondervinding verkry kan word. Hierdie beklemtoning van ervaringskennis breek die outoriteit van die Skrif af. Ons ken God deur Sy Woord. “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk” (2 Tim 3:16-17). God se Woord is volmaak. Daar bestaan geen rede om te glo dat God addisionele leringe of waarhede tot Sy Woord deur mistieke gebeure toevoeg nie. Ons geloof en wat ons van God weet, is op feite gebaseer.

Die webblad vir die “Center for Contemplative Spirituality” som dit goed op: “ Ons kom van ‘n verskeidenheid van sekulêre en godsdienstige agtergronde en ons elkeen soek om ons reis te verryk deur geestelik te oefen en die wêreld se groot spirituele tradisies te bestudeer. Ons begeer om nader aan die liefdevolle Gees te beweeg, wat alle skepping deurdring en ons deernis teenoor alle wesens inspireer.” Daar is absoluut niks Bybels rakende sulke doelstellings nie. Deur die wêreld se “spirituele tradisies” te bestudeer, is ‘n oefening in sinloosheid, omdat enige spirituele tradisie wat nie vir Christus vereer nie, vals is. Die enigste manier om naby God te wees, is deur die weg wat Hy berei het – Jesus Christus en die Woord. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is peinsende spiritualiteit?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries