settings icon
share icon
Vraag

Wat is panteïsme?

Antwoord


Panteïsme is die siening dat God alles en almal is en dat almal en alles God is. Panteïsme is soortgelyk aan politeïsme (die geloof in baie gode), maar gaan selfs verder, deur te glo dat alles God is. ‘n Boom is God, ‘n rots is God, ‘n dier is God, die lug is God, die son is God, jy is God, ens. Panteïsme is die veronderstelling agter baie kultusse en valse godsdienste (soos Hindoeïsme en Boeddhisme tot ‘n sekere mate, die verskeie eenheids- en eenwordende-kultusse en “moedernatuur” aanbidders).

Leer die Bybel ons van panteïsme? Nee. Wat baie mense verwar, is dat panteïsme die doktrine is van God se alomteenwoordigheid. Ps 139:7-8 verklaar, “Waarheen sou ek gaan om U Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om U teenwoordigheid te ontkom? Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar”. God se teenwoordigheid beteken dat Hy oral teenwoordig is. Daar is geen plek in die heelal waar God nie is nie. Dit is nie dieselfde ding as panteïsme nie. God is oral, maar Hy is nie alles nie. Ja, God is “teenwoordig” binne-in ‘n boom en in ‘n persoon, maar dit maak nie van die boom of die persoon God nie. Panteïsme is geensins ‘n Bybelse geloof nie.

Die duidelikste Bybelse argument teen panteïsme is die ontelbare bevele teen afgodery. Die Bybel verbied die aanbidding van afgode, engele, hemelse voorwerpe, dinge in die natuur, ens. Indien panteïsme waar sou wees, sou dit nie verkeerd wees om sodanige voorwerp te aanbid nie, omdat daardie voorwerp dan eintlik God sou wees. Indien panteïsme sou waar wees, sou die aanbidding van ‘n rots of ‘n dier net soveel waarde gehad het, as om God te aanbid as ‘n onsigbare en geestelike wese. Die Bybel se duidelike en deurlopende veroordeling van afgodery is dus ‘n beslissende argument teen panteïsme. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is panteïsme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries