settings icon
share icon
Vraag

Wie was die outeurs van die Bybelboeke?

Antwoord


Bo alle twyfel, ongeag die menslike skrywers , is die Bybel deur God geskryf. 2 Tim 3:16 sê dat die Bybel “deur God geïnspireer” is. God het toesig oor die menslike skrywers gehou, sodat, terwyl hulle hul eie skryfstyl en persoonlikhede gebruik het, hulle nog steeds presies weergegee het, wat God bedoel het. Die Bybel was nie deur God gedikteer nie, maar volkome onder Sy leiding geskryf en algeheel deur Hom geïnspireer.

Menslik gesproke is die Bybel deur ongeveer 40 mense vanuit verskillende agtergronde, met verloop van 1500 jare geskryf. Jesaja was ‘n profeet, Esra was ‘n priester, Matteus was ‘n belastinggaarder, Johannes was ‘n visserman, Paulus was ‘n tentmaker, Moses was ‘n herder, Lukas was ‘n dokter. Ten spyte van die feit dat verskillende outeurs oor ‘n tydperk van 15 eeue geskryf het, weerspreek die Bybel homself nie en bevat geen foute nie. Die skrywers gee almal verskillende perspektiewe, maar hulle almal praat van dieselfde enigste ware God en dieselfde enigste weg van verlossing – Jesus Christus (Joh 14:6, Hand 4:12). Min Bybelboeke noem egter spesifiek hul outeur se naam. Hier volg die Bybelboeke, gevolg deur die outeur se naam, tesame met die outeursreg en die datum (by benadering), wat meestal deur Bybelkenners as erkende skrywer aanvaar word:

Genesis, Exodus, Levitikus, Numeri, Deuteronomium = Moses – 1400 vC
Josua = Josua – 1350 vC
Rigters, Rut, 1 Samuel, 2 Samuel = Samuel/Natan/Gad – 1000 – 900 vC
1 Konings, 2 Konings = Jeremia – 600 vC
1 Kronieke, 2 Kronieke, Esra, Nehemia = Esra – 450 vC
Ester = Mordegai – 400 vC
Job = Moses – 1400 vC
Psalms = verskeidenheid van skrywers, meestal Dawid – 1000 – 400 vC
Spreuke, Prediker, Hooglied van Salomo = Salomo – 900 vC
Jesaja = Jesaja – 700 vC
Jeremia, Klaagliedere = Jeremia – 600 vC
Esegiël = Esegiël – 550 vC
Daniël = Daniël – 550 vC
Hosea = Hosea – 750 vC
Joël = Joël – 850 vC
Amos = Amos – 750 vC
Obadja = Obadja – 600 vC
Jona = Jona – 700 vC
Miga = Miga – 700 vC
Nahum = Nahum – 650 vC
Habakuk = Habakuk – 600 vC
Sefanja = Sefanja – 650 vC
Haggai = Haggai – 520 vC
Sagaria = Sagaria – 500 vC
Maleagi = Maleagi – 430 vC
Matteus = Matteus – 55 nC
Markus = Johannes Markus – 50 nC
Lukas = Lukas – 60 nC
Johannes = Johannes – 90 nC
Handelinge = Lukas – 65 nC
Romeine, 1 Korintiërs, 2 Korintiërs, Galasiërs, Efesiërs, Filippense, Kolossense, 1 Tessalonisense, 2 Tessalonisense, 1 Timoteus, 2 Timoteus, Titus, Filemon = Paulus - 50-70 nC
Hebreërs = onbekend, waarskynlikste is Paulus, Lukas, Barnabas of Apollos – 65 nC
Jakobus = Jakobus – 45 nC
1 Petrus, 2 Petrus = Petrus – 60 nC
1 Johannes, 2 Johannes, 3 Johannes = Johannes – 90 nC
Judas = Judas – 60 nC
Openbaring = Johannes – 90 nC

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie was die outeurs van die Bybelboeke?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries