settings icon
share icon
Vraag

Wat is die onvergeeflike/onvergeetlike sonde?

Antwoord


Die saak oor die “onvergeeflike sonde” of lastering teen die Heilige Gees” word in Mark 3:22-30 en Matt 12:22-32 hanteer. Die term “laster” kan algemeen gedefinieer word as “uittartende oneerbiedigheid”. Ons kan dit toepas waar God gevloek word of moedswillige afbrekende dinge teenoor Hom kwytgeraak word. Dit kan ook van toepassing wees waar bose dinge tot God gerig word of waar ons Hom nie die eer gee vir goeie dinge nie, maar dit ontken. Hierdie saak van lastering egter is ‘n spesifieke soort, wat “die lastering teen die Heilige Gees” in Matt 12:31 genoem word. In hierdie teksgedeelte het die Fariseërs onweerlegbare bewys gesien, dat Jesus wonderwerke deur die krag van die Heilige Gees gedoen het en tog het hulle Hom beskuldig dat Hy van Beëlsebul, ‘n bose gees besete was (Matt 12:24). In Markus 3:30 is Jesus baie spesifiek oor presies wat hulle gedoen het om “die lastering teen die Heilige Gees” te pleeg.

Hierdie lastering het dan te doen met die beskuldiging van Jesus Christus (as persoon, op aarde), asof van die duiwel besete. Daar is ander maniere om teen die Heilige Gees te laster (soos om vir Hom te lieg, soos in die geval van Ananias en Saffira in Hand 5:1-10, maar die beskuldiging teen Jesus was die lastering, wat onvergeeflik was. Hierdie spesifieke onvergeeflike sonde teen die Heilige Gees kan nie vandag gedupliseer word nie.

Die enigste onvergeeflike sonde vandag is dié van aanhoudende ongeloof. Daar is geen verskoning vir iemand wat in ongeloof sterf nie. Joh 3:16 sê vir ons, “God het die wêreld so lief gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.” Die enigste rede vir geen vergifnis, is indien hy/sy nie tussen die “wie ookal” is, wat in Hom glo nie. Jesus het gesê, “Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie” (Joh 14:6). Om die enigste middel tot verlossing te verwerp, is om jouself tot in ewigheid hel toe te verdoem, aangesien die enigste verskoning daarvoor duidelik onvergeeflik is.

Baie mense vrees dat hulle sonde gepleeg het wat God nie kan of wil vergewe nie en hulle voel dat daar geen hoop vir hulle is nie, ongeag wat hulle doen. Satan soek niks beters as om ons onder hierdie misverstand te laat ly nie. Die waarheid is dat indien iemand hierdie vrees het, hy/sy net nodig het om voor God daardie sonde te bely, daarvan af te sien en God se belofte en vergifnis te aanvaar. “Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid” (1 Joh 1:9). Hierdie vers verseker ons dat God gereed is om enige sonde te vergewe – maak nie saak hoe grusaam nie – as ons na Hom toe gaan in berou. As jy vandag onder ‘n las van skuldgevoelens ly, God wag met ope arms in liefde en medelye vir jou om na Hom te kom. Hy sal nooit diegene wat dit doen, teleurstel of in die steek laat, om te vergewe nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die onvergeeflike/onvergeetlike sonde?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries