settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek verhoed om hel toe te gaan?

Antwoord


Om nie hel toe te gaan nie is makliker as wat jy dink. Sommige mense glo dat hulle die Tien Gebooie vir hulle hele lewe gehoorsaam moet wees om nie hel toe te gaan nie. Sommige mense glo dat hulle sekere seremonies en rituele moet nakom om nie hel toe te gaan nie. Sommige mense glo daar is geen manier waarop ons verseker kan weet of ons hel toe gaan of nie. Nie een van hierdie sienings is korrek nie. Die Bybel is baie duidelik daaroor hoe ‘n mens die hel na jou dood kan vermy.

Die Bybel beskryf die hel as ‘n skrikwekkende en afgryslike plek. Hel word beskryf as “ewige vuur” (Mattheus 25:41), “onuitbluslike vuur” (Mattheus 3:12), “smaadheid, vir ewig afgryslik” (Daniël 12:2), ‘n plek waar “die vuur nie uitgeblus word nie” (Markus 9:44-49), en “ewige verderf” (2 Thessalonicense 1:9). Openbaring beskryf die hel as ‘n “poel van vuur en swawel” waar die bose “dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid” (Openbaring 20:10). Dit is duidelik dat die hel ‘n plek is wat ons moet vermy.

Waarom is daar ‘n hel, en waarom stuur God sommiges soontoe? Die Bybel sê dat God die hel “berei” het vir die duiwel en sy engele nadat hulle teen Hom gerebelleer het (Mattheus 25:41). Die wat God se aanbod van vergifnis verwerp sal dieselfde ewige lot tref as die duiwel en sy engele. Waarom is die hel nodig? Alle sonde is uiteindelik teen God (Psalm 51:4), en aangesien God ‘n onbeperkte en ewige Wese is, is slegs ‘n onbeperkte en ewige straf voldoende. Hel is die plek waar God se heilige en regverdige behoefte aan geregtigheid uitgevoer word. Hel is waar God sonde verdoem en almal wat Hom verwerp het. Die Bybel maak dit duidelik dat ons almal gesondig het (Prediker 7:20; Romeine 3:10-23), en as gevolg daarvan verdien ons almal om hel toe te gaan.

So, hoe kan ons die hel vryspring? Aangesien slegs ‘n onbeperkte en ewige straf voldoende is, moet ‘n onbeperkte en ewige prys betaal word. God het mens geword in die Persoon van Jesus Christus. In Jesus Christus het God tussen ons gewoon, ons geleer, en ons genees—maar hierdie dinge was nie Sy uiteindelike taak nie. God het mens geword (Johannes 1:1, 14) sodat Hy vir ons kon sterf. Jesus, God in menslike gedaante, het aan die kruis gesterf. As God was Sy dood onbeperk en ewig in waarde, waardeur die volle prys vir sonde betaal is (1 Johannes 2:2). God nooi ons uit om Jesus Christus as Verlosser aan te neem, om Sy dood as die volle en regverdige betaling vir ons sonde te aanvaar. God belowe dat elkeen wat in Jesus glo (Johannes 3:16), Hom alleen as Verlosser aanneem (Johannes 14:6), gered sal word, dus nie hel toe sal gaan nie.

God wil nie hê dat enigeen hel toe moet gaan nie (2 Petrus 3:9). Dit is waarom God die beslissende, volmaakte, en volkome offer ter wille van ons gemaak het. As jy nie hel toe wil gaan nie, neem Jesus as jou Verlosser aan. Dit is hoe maklik dit is. Vertel aan God dat jy bely dat jy ‘n sondaar is en dat jy verdien om hel toe te gaan. Verklaar aan God dat jy op Jesus Christus vertrou as jou Verlosser. Dank God vir Sy gawe van redding en verlossing van die hel. Loutere geloof, vertroue in Jesus Christus as die Verlosser, is hoe jy kan verhoed om hel toe te gaan!

Het jy ‘n besluit vír Jesus Christus geneem as gevolg van wat jy hier gelees het? Indien wel, druk die “Ek het Jesus Christus vandag aanvaar” - knoppie hieronder.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek verhoed om hel toe te gaan?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries