settings icon
share icon
Vraag

Is ons veronderstel om aktief te kyk vir ‘n eggenoot of moet ons vir God wag om hom/haar vir ons te bring?

Antwoord


Die antwoord op beide vrae is “ja.” Daar is ‘n belangrike balans tussen die twee. As dit alleenlik van ons eie pogings afhang, dan moet ons nie waansinnig na ‘n eggenoot soek nie. Tog moet ons ook nie net passief sit en wag dat God op ‘n dag iemand na ons voordeur sal bring nie. Ons as Christene moet so ‘n proses met gebed begin en die eerste stap is om ons lewens aan God se wil te onderwerp. “Vind jou vreugde in die Here en Hy sal jou gee wat jou hart begeer” (Ps 37:4). Om ons in die Here te verbly, beteken dat ons daarin plesier vind om hom te ken en te vertrou dat Hy ons ook sal bly maak. Hy sal Sy begeertes in ons harte plaas en in die sin van om ‘n lewensmaat te vind, beteken dit dat ons die tipe maat begeer wat Hy ook vir ons in gedagte het en wat ons ook verder vreugde sal bring. Spreuke 3:6: “Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop”. Om Hom te ken in jou soeke, beteken om jou te onderwerp aan Sy soewereine wil en aan Hom te sê, dat wat Hy besluit, die beste vir jou sal wees.

Nadat ons onsself aan God se wil onderwerp het, moet ons duidelik verstaan wat die eienskappe van so ‘n eggenoot moet wees, iemand wat vrug dra in sy geestelike lewe en kwalifiseer op geestelike vlak. Dit is belangrik om eers goed te verstaan wat die kwaliteite is en dan iemand te soek. Om verlief te raak op iemand en dan te ontdek dat hy/sy geestelik nie kwalifiseer om as lewensmaat te dien nie, veroorsaak hartseer en plaas ons onsself in ‘n baie moeilike posisie.

As ons eers weet waarvoor ons moet soek volgens die Bybel, kan ons aktief begin soek. Ons moet verstaan dat God hom/haar in hierdie proses in ons lewens sal bring, afhangende van Sy perfekte tyd en wil. Indien ons bid, sal God ons na die spesifieke persoon toe lei. Indien ons wag vir Sy tyd, sal ons die persoon ontmoet wat die beste inskakel by ons agtergrond, persoonlikheid en begeertes. Ons moet op Hom en Sy tyd vertrou (Spreuke 3:5), selfs al is Sy tydsberekening nie soos ons dit soek nie. Soms roep God mense om nie te trou nie (1 Kor 7), maar in daardie situasies maak Hy dit duidelik deur die troubegeerte weg te neem. God se tyd is altyd perfek en deur geloof en geduld sal ons Sy beloftes ontvang (Heb 6:12).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is ons veronderstel om aktief te kyk vir ‘n eggenoot of moet ons vir God wag om hom/haar vir ons te bring?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries