settings icon
share icon
Vraag

Wat is die krag van gebed?

Antwoord


Die opvatting dat daar inherente krag in gebed is, is baie popular. Volgens die Bybel is die krag in gebed dood eenvoudig die krag van God, wat gebed verhoor en beantwoord. Let op die volgende:

Die Here God Almagtig kan enigiets doen; niks is vir Hom onmoontlik nie (Luk 1:37).

Die Here God Almagtig nooi Sy mense om tot Hom te bid. Gebed tot God moet volhardend wees (Luk 18:1), met danksegging (Fil 4:6), in geloof (Jak 1:5), binne God se wil (Matt 6:10), tot eer van God (Joh 14:13-14) en met ‘n opregte hart teenoor God (Jak 5:16).

Die Here God Almagtig hoor Sy kinders se gebede. Hy gee ons opdrag om te bid en Hy belowe om te luister . “In my nood roep ek na die Here, ja, ek roep om hulp na my God. In Sy paleis hoor Hy my geroep. Ek roep na Hom om hulp en Hy luister na my” (Ps 18:6).

Die Here God Almagtig beantwoord gebed. “Ek roep U aan, want U sal my antwoord, my God!” (Ps 17:6). “As die regverdige om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede” (Ps 34:17).

‘n Ander populêre opvatting is dat die mate van geloof wat ons het, bepaal of God ons gebede sal beantwoord of nie. Tog beantwoord die Here ons gebede ten spyte van ons swak geloof. In Hand 12 bid die kerk vir Petrus se vrylating uit die trunk (v 5) en God beantwoord hulle gebed (vv 7-11). Petrus gaan na die plek waar hulle bid en klop, maar hulle weier aanvanklik om oop te maak, omdat hulle twyfel dat dit regtig Petrus is. Hulle het gebid, maar slaag nie daarin om ‘n antwoord op hul gebede te verwag nie.

Die krag van gebed vloei nie vanuit ons nie; dit gaan nie oor spesifieke woorde wat ons sê of hoe ons dit sê of die spesifieke manier waarop ons dit sê nie. Die krag van gebed is nie bepalend deur in ‘n sekere rigting te kyk as ons bid nie of wat die liggaam se posisie is nie. Die krag van gebed kom nie deur die gebruik van kuns of beelde of kerse of krale nie. Die krag van gebed kom van die almagtige Een wat ons gebede hoor en dit antwoord. Gebed plaas ons in kontak met die Almagtige God en ons moet almagtige resultate verwag, maak nie saak of Hy kies om ons versoeke toe te staan of te verwerp nie. Wat ookal die antwoord op ons gebede is, God tot wie ons bid, is die bron van die krag van gebed en Hy kan en sal ons ooreenkomstig Sy perfekte wil en tyd antwoord. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die krag van gebed?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries