Wat is die kanon in die Skrif?




Vraag: "Wat is die kanon in die Skrif?"

Antwoord:
Die woord “kanon” kom van die wettiese reëls wat bepaal het of ‘n boek op standaard was.

Dit is belangrik om te weet dat Skrifgedeeltes heilig verklaar was, reeds op die oomblik toe dit geskryf is. Skrif was Skrif, die oomblik toe die pen die perkament geraak het. Dit is baie belangrik, omdat Christenskap nie begin deur God of Jesus Christus of verlossing te definieer nie. Die basis van Christenskap word in die gesag van die Skrif gevind. As ons nie die Skrif kan identifiseer nie, dan kan ons ook nie behoorlik tussen teologiese waarheid en foute onderskei nie.

Watter maat of standaard is gebruik om vas te stel watter boeke as Skrif geklassifiseer moet word? ‘n Sleutelvers om die proses en doelstelling te verstaan en miskien ook die gegewe tyd toe die Skrif geskryf is, is Judas:3, waar geskryf staan dat ‘n Christen se geloof “oorgelewer is aan dié wat God vir Hom afgesonder het.” Aangesien ons geloof deur die Skrif gedefinieer is, sê Judas hoofsaaklik dat die Skrif eenmaal tot voordeel van alle Christene daargestel is. Is dit nie wonderlik dat daar tot op hede geen verborge of verlore manuskripte gevind hoef te word nie, daar is geen geheime boeke nie, net ‘n paar uitgesoekte bekendes en daar is geen lewende mense wat spesiale openbaringe ontvang het en van ons vereis om ‘n Himalajaberg uit te klim om ingelig te word nie. Ons kan verseker wees dat God ons nie sonder ‘n getuienis gelaat het nie. Dieselfde bonatuurlike mag wat God gebruik het om Sy Woord daar te stel, het Hy ook gebruik om dit te bewaar.

Volgens Ps 119:160 is God se Woord as ‘n geheel die waarheid. Vanuit hierdie veronderstelling, kan ons geskrifte buite die aanvaarde kanon van die Skrif vergelyk, om te sien of hulle die toets slaag. As voorbeeld, volgens die Bybel is Jesus Christus God (Jes 9:6-7, Matt 1:22-23, Joh 1:1, 2,14,20:28, Hand 16:31,34, Fil 2:5-6, Kol 2:9, Titus 2:13, Hebr 1:8, Pet 1:1). Tog is daar baie geskrifte, wat voorgee dat dit Skrif is en dan nog argumenteer dat Jesus nie God is nie. As daar duidelik teenstrydighede bestaan, dan kan die bestaande Bybel vertrou word en die ander buite die invloedsfeer van die Skrif gelaat word.

Tydens die vroeë eeue van die kerk, was Christene soms ter dood veroordeel, omdat hulle afskrifte van die Bybel besit het. As gevolg van hierdie vervolging, het die vraag ontstaan, “Watter boeke is die moeite werd om voor te sterf?” Sommige boeke mag uitsprake van Jesus bevat het, maar was hulle geïnspireer soos in 2 Tim 3:16 geskryf staan? Vergaderings van kerke het ‘n rol in publieke erkenning van die kanon in die Skrif gespeel, maar soms het ‘n individuele kerk of kerkgroepe ‘n boek erken, asof geïnspireer deur die skryfwyse daarvan (bv. Kol 4:16, 1 Tess 5;27). Dwarsdeur die vroeë eeue van die kerk is net ‘n paar boeke ooit betwis en die lys was basies afgehandel teen 303 nC.

As ons na die Ou Testament kyk, is daar drie belangrike feite om in ag te neem: 1) Die Nuwe Testament haal aan of verwys na elke boek in die Ou Testament, behalwe twee. 2) Jesus het die Hebreeuse kanon kragtig onderskryf in Matt 23:35, toe Hy een van die eerste verhale en een van die laastes tydens Sy tyd, in die Skrif, aangehaal het. 3) Die Jode was nougeset daarop ingestel om die Ou Testamentiese geskrifte te behou en hulle het min geskille gehad oor watter dele behou word en watter nie. Die Rooms Katolieke Apokriewe boeke het nie aan die maatstaf voldoen nie en het buite die Skrif se definisie geval en is nooit deur die Jode aanvaar nie.

Die meeste vrae oor watter boeke in die Bybel behoort, dateer uit geskrifte tydens Christus se tyd en vorentoe. Die vroeë kerk het baie spesifieke kriteria gebruik om boeke te oorweeg as deel van die Nuwe Testament. Dit was vrae soos: “Was die boek deur ‘n ooggetuie van Jesus Christus geskryf? Het die boek die ‘waarheidstoets’ geslaag?” (d.i. het dit ooreengestem met ander Skrif, waaroor alreeds eenstemmigheid bereik is?) Die boeke van die Nuwe Testament wat hulle teruggeneem het, het toe reeds die toets van tyd deurstaan en die Christelike ortodoksie het dit met min uitdaging vir eeuelank, verwelkom.

Vertroue in die aanvaarding van spesifieke boeke dateer terug na die eerste-eeuse-ontvangers, wat eerstehandse getuienis van hul egtheid gelewer het. Verderaan, die eindtyd-onderwerp in die boek van Openbaring en die verbod op die toevoeging van woorde in Open 22:18, het sterk daartoe bygedra dat die kanon reeds teen 95 nC gestop is.

Dit is ‘n belangrike teologiese punt wat nie nagelaat moet word nie. God het Sy Woord vir millenniums vir een primêre doel gebruik – om Homself te openbaar en om met die mens te kommunikeer. Uiteindelik het die leiers van die kerk nie besluit of ‘n boek Skrif was nie; dit is besluit wanneer die menslike outeur deur God gekies is om te skryf. Ten einde die eindresultaat te behaal, insluitend die behoud van Sy Woord deur die eeue, het God die vroeë kerkleiers in die erkenning van die kanon begelei.

Die verwerwing van kennis rakende dinge soos die ware natuur van God, die oorsprong van die heelal en lewe, die betekenis en doel van lewe, die wonders van redding en toekomstige gebeure (insluitend die eindbestemming van die mens) is benede die natuurlike waarneming en wetenskaplike vermoë van die mens. Die reeds oorgelewerde Woord van God, gewaardeer en vir eeue persoonlik deur Christene gebruik, is genoegsaam om alles wat nodig is om Christus te ken, vir ons te verduidelik (Joh 5:18, Hand 18:28, Gal 3:22, 2 Tim 3:15) en om ons te onderrig, ons reg te wys en te leer in alle waarheid (2 Tim 3:16).


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die kanon in die Skrif?