settings icon
share icon
Vraag

Wat is die JEPD Teorie?

Antwoord


Kortliks gestel, die JEPD Teorie verklaar dat die eerste vyf boeke van die Bybel, Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium nie alleen deur Moses, wat in 1451 gesterf het, geskryf is nie, maar ook deur verskillende outeurs/samestellers, ná Moses. Die teorie is gebaseer op die feit dat verskillende name vir God in verskillende afdelings van die Pentateug gebruik is en daar is bespeurbare verskille in taalkundige style. Die letters van die JEPD Teorie staan vir die vier veronderstelde skrywers: die skrywer wat “Jehova” vir God se naam gebruik het, die skrywer wat Elohim vir God se naam gebruik het, die skrywer van Deuteronomium en die priesterlike outeur van Levitikus. Hierdie teorie beweer dat die verskillende afdelings van die Pentateug waarskynlik saamgestel is in die 4de eeu v C, moontlik deur Esra.

Waarom is daar dan verskillende name vir God as die boeke veronderstel is om deur een outeur geskryf te wees? Genesis 1 gebruik byvoorbeeld die naam Elohim, terwyl Genesis 2 die naam Jahwe gebruik. Patrone soos hierdie kom gereeld in die Pentateug voor. Die antwoord is eenvoudig. Moses het God se naam gebruik om ‘n punt te maak. In Genesis 1 is God Elohim, die magtige Skepper-God. In Genesis 2 is God Jahwe, die persoonlike God wat geskep het en ‘n verhouding met die mensdom het. Hierdie dui nie op verskillende skrywers nie, maar ‘n enkele skrywer wat God se verskeie name beklemtoon, om ‘n punt te bewys en verskillende aspekte van Sy karakter na vore te bring.

Wat die verskillende style betref, moet ons nie van ‘n skrywer verwag om ‘n ander styl te gebruik wanneer hy geskiedenis (Genesis) skryf nie, wetsbepalinge (Eksodus, Deuteronomium) en ingewikkelde omskrywings van die offergawe-stelsel (Levitikus) nie? Die JEDP Teorie gebruik die verklaarbare verskille in die Pentateug en ontdek ‘n uitvoerige teorie wat geen basis in realiteit of geskiedenis het nie. Geen J, E, D of P dokument is ooit ontdek nie. Geen antieke Joodse of Christelike student het selfs gesinspeel dat sulke dokumente bestaan het nie.

Die kragtigste argument teen die JEDP Teorie is die Bybel self. Jesus het in Markus 12:26 gesê, “En dat die dooies opgewek word, het julle dan nie in die boek van Moses, in die gedeelte oor die doringbos, gelees hoe God vir hom gesê het: ‘Ek is die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob’ nie?” Dus, sê Jesus eenvoudig dat Moses die gebeurtenis van die brandende bos in Eksodus 3:1-3 geskryf het. Lukas in Hand 3:22 lewer kommentaar oor ‘n gedeelte in Deut 18:15 en bevestig dat Moses die skrywer van daardie gedeelte is. In Rom 10:5 praat Paulus oor die regverdigheid wat Moses in Lev 18:5 beskryf. Paulus getuig dat Moses die skrywer van Levitikus is. Ons het dus vir Jesus wat wys dat Moses die skrywer van Eksodus is, Lukas wys dat Moses Deuteronomium geskryf het en Paulus sê dat Moses die outeur van Levitikus is. Om te bewys dat die JEDP Teorie waar is, moet Jesus, Lukas en Paulus leuenaars wees of die Ou Testament verkeerd verstaan het. Kom ons plaas ons geloof in Jesus en die menslike skrywers van die Skrif, eerder as in die belaglike en ongebaseerde JEDP Teorie (2 Tim 3:16-17). English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die JEPD Teorie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries