settings icon
share icon
Vraag

Wat is Hindoeïsme en wat glo Hindoes?

Antwoord


Hindoeïsme is een van die oudste georganiseerde godsdienste waarvan kennis gedra word – sy heilige geskrifte dateer so ver terug as 1400-1500 v C. Dit is ook een van die mees diverse en komplekse godsdienste en het miljoene gode. Hindoes het ‘n wye verskeidenheid van kerngelowe en bestaan in baie verskillende sektes. Alhoewel dit die derde grootste godsdiens in die wêreld is, bestaan Hindoeïsme hoofsaaklik in Indië en Nepal.

Die hoofteks van Hindoeïsme is die Vedas ( word as die belangrikste beskou), Upanishadas, die Mahabharata en die Ramayana. Hierdie geskrewe werk bevat gesange, towerspreuke, filosofieë, rituele, gedigte en stories waarop Hindoes hul gelowe baseer. Ander tekse wat in Hindoeïsme gebruik word, sluit die Brahmanas, die Sutras en die Aranyakas in.

Hindoeïsme word dikwels verstaan as veelgodery. Na verneem word, word daar meer as 330 miljoen gode erken, dit het ook een “god” wat die belangrikste is – Brahma. Brahma is ‘n entiteit/wese wat soos daar geglo word, elke stukkie van die realiteit en bestaan dwarsdeur die totale heelal bewoon. Brahma is beide onpersoonlik en onkenbaar en daar word dikwels geglo dat dit uit drie vorms bestaan: Brahma-Skepper; Vishnu-Bewaarder; en Shiva- Verwoester. Hierdie “fasette” van Brahma is ook bekend as gevolg van die baie ander inkarnasies van elkeen. Dit is moeilik om die Hindoe-teologie op te som, aangesien die verskillende Hindoe-skole elemente van byna elke teologiese sisteem bevat. Hindoeïsme kan as volg lyk:

Monisties – Slegs een ding bestaan; die Skool van Sankara
Panteïsties – Slegs een goddelike ding bestaan, sodat God identies met die wêreld is; Brahmanisme
Panenteïsties – Die wêreld is deel van God; die Skool van Ramanuja
Teïsties- Slegs een God, afsonderlik van die Skepping; Bhakti Hindoeïsme.

Deur ander skole waar te neem, kan Hindoeïsme ook ateïsties, deïsties of selfs nihilisties wees. Met so ‘n verskeidenheid ingesluit onder die titel “Hindoe”, kan ‘n mens wonder wat “Hindoe” in die eerste plek uitmaak? Gewoonlik is die enigste ware uitvloeisel, óf die geloofsisteem die Vedas as heilig beskou óf nie. Indien dit wel, dan is dit Hindoe, anders nie.

Die Vedas is meer as teologiese boeke. Hulle bevat ‘n ryk en kleurvolle “teo-mitologie”, dit is ‘n religieuse mitologie wat oorwegend met mite, teologie en geskiedenis deurvleg is, ‘n storievorm met religieuse oorsprong. Hierdie “teo-mitologie” is so diep gewortel in die Indiese geskiedenis en kultuur, dat, deur dit te verwerp, die Vedas gesien word as opposisie van Indië. Dus, ‘n geloofsisteem word deur Hindoeïsme verwerp, indien dit nie die Indiese kultuur op een of ander wyse omarm nie. Indien die sisteem die Indiese kultuur aanvaar, asook die teo-mitiese geskiedenis, dan kan dit as “Hindoe” aanvaar word, selfs al is die teologie teïsties, nihilisties of ateïsties. Hierdie openheid ten opsigte van teenstrydigheid kan ‘n kopseer vir Westerlinge wees, wat logiese volhoubaarheid en rasionele verdedigbaarheid in hul godsdienstige sienings soek. Om egter regverdig te wees, Christene is nie meer logies omdat hulle daarop aanspraak maak dat hulle in Jahwe glo, maar hulle tog soos praktiese ateïste lewe, deur Christus met hul lewe te ontken nie. Vir die Hindoe is die konflik ware logiese teenstrydigheid. Vir die Christen is die konflik meer soos gewone skynheiligheid.

Hindoeïsme beskou die menslike spesie as goddelik. Aangesien Brahma alles is, word aanvaar dat almal goddelik is. Atman, is een met Brahman. Alle realiteit buite Brahman word meestal as illusie beskou. Die geestelike doel van Hindoe is om een te word met Brahma, tog hou dit op om in sy denkbeeldige vorm van “individuele self” te bestaan. Daar word na hierdie vryheid as “moksha” verwys. Totdat moksha behaal is, glo ‘n Hindoe dat hy/sy herhaaldelik weer vlees word (reïnkarnasie) om sodoende in die rigting van selfbesef van die waarheid te kan werk (die waarheid dat net Brahman bestaan en niks anders nie). Hoe ‘n persoon se reïnkarnasie plaasvind, word bepaal deur karma, wat ‘n beginsel van oorsaak en uitkoms, deur die balans in die natuur is. Wat iemand in die verlede gedoen het, affekteer en korrespondeer met wat in die toekoms gaan gebeur, verlede en toekomstige lewens ingesluit.

Alhoewel dit net ‘n kort samevatting is, word dit reeds gesien dat Hindoeïsme in stryd met Bybelse Christenskap staan, op byna elke punt van die geloofsisteem. Die Christendom het een God wat beide persoonlik en kenbaar is (Deut 6;5; 1 Kor 8;6); dit het een stel Bybelgeskrifte; leer dat God die aarde en alles daarop geskep het (Gen 1:1; Heb 11:3); dit glo dat die mens in God se beeld geskape is en net eenmaal lewe (Gen 1:27; Heb 9:27-28); en leer dat verlossing deur Jesus Christus alleen verkry word (Joh 3:16; 6:44; 14:6; Hand 4:12). Hindoeïsme as godsdiens-sisteem misluk, omdat dit nie daarin slaag om te erken dat Jesus die unieke God-Mens (geïnkarneer) en Verlosser, die een voldoende en genoegsame bron van verlossing vir die mensdom is nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Hindoeïsme en wat glo Hindoes?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries