settings icon
share icon
Vraag

Hemel toe gaan – hoe kan ek my ewige bestemming waarborg?

Antwoord


Aanvaar dit. Die dag wanneer elkeen van ons die ewigheid gaan betree mag gouer kom as wat ons dink. Ter voorbereiding vir daardie oomblik, moet ons hierdie waarheid besef—nie almal gaan hemel toe nie. Hoe kan ons verseker weet dat ons een van die gaan wees wat die ewigheid in die hemel gaan deurbring? Ongeveer 2,000 jaar gelede het die apostels Petrus en Johannes die Evangelie van Jesus Christus aan ‘n groot skare in Jerusalem verkondig. Dit was toe dat Petrus ‘n diepgaande stelling gemaak het wat tot in ons post-moderne wêreld weerklink: “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Handelinge 4:12).

Selfs soos dit destyds was, in vandag se “alle paaie lei na die hemel” klimaat, is Petrus se stelling nie polities korrek nie. Daar is baie wat dink dat hulle hemel toe sal gaan sonder om in Jesus te glo. Hulle wil die pragtige belofte van saligheid hê, maar hulle wil nie met die kruis gepla wees nie, nog minder met die Een wat daaraan gehang en gesterf het en vir die sonde van almal wat in Hom glo. Baie wil nie vir Jesus as die enigste weg aanvaar nie en is vasbeslote om ‘n ander pad te vind. Maar Jesus Self waarsku ons dat daar geen ander pad bestaan nie, en dat die weiering om hierdie waarheid te aanvaar na ‘n ewigheid in die hel lei. Hy sê duidelik vir ons “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom” (Johannes 3:36).

Sommige sal argumenteer dat dit uiters bekrompe van God is om slegs een pad na die hemel te voorsien. Maar in werklikheid, in die lig van die mens se rebelse verwerping van God, is dit uiters ruimhartig van Hom om aan ons enige pad hemel toe te gee. Ons verdien veroordeling, maar pleks daarvan bied Hy aan ons uitkomkans deur Sy eniggebore Seun te gee om vir ons sonde te sterf. Hetsy mens dit sien as bekrompe of ruimhartig, dit is die waarheid, en Christene moet die duidelike, onbesoedelde boodskap dat die enigste weg na die hemel deur Jesus Christus is, handhaaf.

Baie mense vandag glo aan ‘n afgewaterde evangelie wat wegdoen met die boodskap dat jy berou moet hê oor jou sonde. Hulle wil glo in ‘n liefdevolle, nie-veroordelende God wat geen berou of verandering in hulle lewensstyl verwag nie. Hulle mag dinge sê soos, “Ek glo in Jesus Christus, maar my God is nie veroordelend nie. My God sal niemand hel toe laat gaan nie.” Maar ons kan nie ons brood aan beide kante gebotter wil hê nie. As ons bely dat ons Christene is, moet ons Christus erken vir wat Hy sê Hy is—die een en enigste weg na die hemel. Om dit te ontken, is om Jesus Self te verloën, want dit is Hy wat verklaar het, “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Johannes 14:6).

Die vraag is steeds: wie sal werklik God se koninkryk binnegaan? Hoe kan ek my ewige bestemming waarborg? Die antwoorde op hierdie vrae sien ons in die duidelik afgebakende onderskeid tussen die wat die ewige lewe het en die wat dit nie het nie. “Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie” (1 Johannes 5:12). Die wat in Christus glo, wat Sy offer as betaling vir hulle sonde aanvaar het, en wat Hom in gehoorsaamheid volg, sal die ewigheid in die hemel deurbring. Die wat Hom verwerp sal nie. “Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie” (Johannes 3:18).

So ontsagwekkend soos die hemel sal wees vir die wat Jesus Christus as Verlosser gekies het, des te meer skrikwekkend sal die hel wees vir die wat Hom verwerp het. Ons boodskap aan die verlorenes sal met groter dringenheid verkondig word as ons kan begryp wat die heiligheid en geregtigheid van God kan doen aan aan die wat die volledige gawe van vergifnis wat in Sy Seun Jesus Christus is, verwerp het. ’n Mens kan nie die Bybel met erns lees sonder om dit weer en weer te sien nie—die streep is getrek. Die Bybel is baie duidelik hieroor dat daar een en net een weg alleen is na die hemel—deur Jesus Christus. Hy gee aan ons hierdie waarskuwing: “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur gaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind” (Mattheus 7:13-14).

Daar is net een pad na die hemel en die wat dit volg is gewaarborg om daar uit te kom. Maar nie almal volg die pad nie. Volg jy dit?

Het jy ‘n besluit vír Jesus Christus geneem as gevolg van wat jy hier gelees het? Indien wel, druk die “Ek het Jesus Christus vandag aanvaar” - knoppie hieronder.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hemel toe gaan – hoe kan ek my ewige bestemming waarborg?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries