settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel aangaande grotbewoners, prehistoriese mense, Neandertal?

Antwoord


Die Bybel gebruik nie die term “grotbewoners” of “Neandertal” nie en volgens die Bybel is daar nie iets soos “prehistoriese” mense nie. Die term “prehistories” beteken “behoort tot die era voor die geskiedenis geboekstaaf is”. Dit is ‘n voorveronderstelling dat die Bybel se verklaring ‘n versinsel is, omdat die boek Genesis gebeure boekstaaf, wat die skepping van die mens voorafgaan (naamlik die eerste vyf dae van skepping – die mens is op die sesde dag geskep). Die Bybel is baie duidelik daaroor dat Adam en Eva volmaakte mense was vanaf hul skepping en het nie vanuit laer vorms van lewe ontwikkel nie.

Die Bybel beskryf ‘n periode van traumatiese omwenteling op die aarde – die vloed (Gen 6-9) waar tydens die bevolking algeheel verwoes is, behalwe vir agt persone. Die mensdom is geforseer om oor te begin. Dit is in hierdie historiese konteks dat sommige glo dat mense in grotte gewoon het en van klip gereedskap gemaak het. Hierdie mense was nie primitief nie: hulle was eenvoudig gebrekkig. Hulle was verseker ook nie half-ape nie. Die fossielbewyse is baie duidelik: grotbewoners was mense wat in grotte gebly het.

Daar is fossiele van aap-oorblyfsels wat paleo-antropoloë van Darwin interpreteer as ‘n oorgang tussen aap en mens. Die meeste mense dink aan hierdie interpretasies as hulle grotbewoners voorstel. Hulle sien harige halfmens, halfaap wesens in ‘n grot langs ‘n vuur, besig om met hul nuut-ontwikkelde klipgereedskap te teken. Dit is pleinweg misleiding en hierdie paleo-antropoloë van Darwin reflekteer ‘n eienaardige wêreldsiening en is nie die resultaat van die bewyse nie. Daar is nie alleen groot teenstand teenoor hierdie interpretasies binne die akademiese gemeenskap nie, maar die Darwiniste self stem nie heeltemal met mekaar oor alles saam nie.

Ongelukkig verkondig die populêre hoofstroom hierdie idee dat mens en aap beide van dieselfde stamvader ontwikkel het, maar dit is sekerlik nie die enigste geloofwaardige interpretasie van die beskikbare bewyse nie. Die bewyse ten gunste van hierdie spesifieke interpretasie skiet tekort.

Toe God Adam en Eva geskep het, was hulle ten volle ontwikkelde mensewesens, in staat om te kommunikeer, sosiaal op te tree en kon verder ontwikkel (Gen 2:19-25; 3:1-20; 4:1-12). Dit is eintlik vermaaklik om in ag te neem hoe ver die evolusionêre wetenskaplikes gaan om te bewys dat daar prehistoriese grotbewoners was. Hulle vind ‘n misvormde tand in ‘n grot en skep vandaar ‘n misvormde mensewese wat in ‘n grot gewoon het, met boggelrug soos ‘n aap. Daar is geen manier dat die wetenskap die bestaan van ‘n grotbewoner deur middel van ‘n fossiel kan bewys nie. Evolusionêre wetenskaplikes het eenvoudig net ‘n teorie en dan forseer hulle die bewyse om die teorie te pas. Adam en Eva was die eerste mense wat geskep is en hulle was volledig gevorm, intelligent en regop.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel aangaande grotbewoners, prehistoriese mense, Neandertal?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries